Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Baie vroue baat steeds nie by MIV-voorkomingsprogramme
Outeur: Lario Viljoen
Gepubliseer: 09/06/2021

Geredelik beskikbare MIV-toetsing en -behandeling het nog nie ʼn beduidende impak gehad op hoe vroue in Suid-Afrika hul seksuele verhoudinge sien nie, skryf dr Lario Viljoen van die Desmond Tutu TB-sentrum in ʼn doktoraal-gebaseerde meningsartikel vir Cape Times (7 Junie).

  • Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hier onder.

Lario Viljoen*

Daar is tans meer as 7,9 miljoen mense wat met HIV saamleef in Suid-Afrika en na raming word nagenoeg 4 500 mense per week met die virus geïnfekteer. Aangesien HIV hoofsaaklik deur seks oorgedra word, is voorkomingsprogramme hoofsaaklik daarop gerig om die “gevaarlikheid" van seks of om die virus deur seksuele omgang oor te dra, te verminder. Dit is nie verbasend dat daar nog min verkenning op die gebied van die intimiteit- en verhoudingsdinamiek-konteks van waarin seks plaasvind, gedoen is nie.

Meer as vyf miljoen Suid-Afrikaners ontvang antiretrovirale terapie (ART). Mense wat ART doeltreffend gebruik – menende dat die virus in hul liggame onderdruk word – kan verwag om gesonde lewens te lei. Omdat dit virologies onderdruk word, beteken ook daar bestaan 'n baie kleiner kans dat die persoon HIV na ander kan oordra. Daar is toenemende bewyse dat indien alle mense wat met HIV saamleef, op ART was en viraal onderdruk sou word, daar soveel minder nuwe gevalle van HIV sou voorkom dat ons (mettertyd) 'n einde aan die epidemie sou kon maak.

Namate ART al hoe meer beskikbaar word en mense al hoe meer bewus word van die feit dat hulle verdere oordrag kan voorkom deur op ART te wees, het sommige openbare gesondheidspesialiste hul kommer uitgespreek dat mense al hoe meer gereeld seks sal hê met 'n groter verskeidenheid maats, en dat alle ander vorms van HIV-voorkoming (soos kondome) vermy sal word. Hierdie toename in gevaarlike seks staan as seksuele disinhibisie bekend. Daar is gevrees dat dit tot 'n toename in nuwe HIV-gevalle sou lei. Die vraag was: Word die beskikbaarheid van ART in berekening gebring in mense se besluite oor hoe dikwels hulle wil seks hê, met wie hulle seksuele omgang sal hê, en watter beskerming hulle gebruik wanneer hulle seks het (bv kondome)?

As deel van my onlangse doktorale studie aan die Universiteit Stellenbosch, het ek die manier ondersoek waarop vroue met seks en intimiteit in hierdie veranderende HIV-landskap omgaan. As die ontvanklike maat, loop vroue biologies 'n groter risiko van HIV. Maatskaplik is hulle dikwels ontmagtig en hul sosio-ekonomiese afhanklikheid van mans verminder hul vermoë om veilig met seks om te gaan. Meer as 4,8 miljoen vroue in Suid-Afrika leef met HIV.

Om meer te lees oor dr Viljoen se navorsing, klik hier.

*Dr Lario Viljoen is 'n navorser in die Sosiale Wetenskappe by die Desmond Tutu TB-sentrum in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hierdie artikel is gegrond op haar onlangse doktorale studie in Sosiologie by die US.