Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
NSFAS-befondsing 2021
Outeur: Stellenbosch University / Universiteit Stellenbosch
Gepubliseer: 11/03/2021

​Die Universiteit Stellenbosch neem kennis van studente se dringende bekommernisse oor hul NSFAS-befondsing vir 2021. Alle nuwelingstudente (FTEN) wat bevestiging van hul NSFAS-befondsing ontvang het, sal kan registreer. Terugkerende studente met bevestiging van befondsing in die vorm van 'n beurs of lening sal ook toegelaat word om te registreer, mits hul bevestigde befondsing hul skuld van die vorige jaar oorskry. Die mediaverklaring wat pas deur die minister uitgereik is, dui daarop “dat die Kabinet ingestem het dat befondsing uit die begroting van die departement van Hoër Onderwys en Opleiding geprioritiseer moet word ten einde te verseker dat alle studente wat vir NSFAS kwalifiseer en dit verdien, befondsing vir die 2021-akademiese jaar kan ontvang en NSFAS sal nou geld aan nuwe studente kan vrystel wat vir NSFAS-beursondersteuning kwalifiseer".