Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ontmoet die wenner van Toekenning vir Voortreflike Onderrig: Dr Martin Venter
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Sandra Mulder]
Gepubliseer: 02/03/2021

Vir dr Martin Venter, een van die ontvangers van die Universiteit Stellenbosch (US) se Toekennings vir Voortreflike Onderrig 2020–2021, is sy loopbaan as dosent uitdagend, maar baie lonend. 

 

Hierdie senior dosent in die departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese het 'n toekenning in die afdeling vir 'ontluikende dosente' ontvang. Hierdie jaarlikse toekennings gee erkenning aan dosente se uitnemende onderrig in twee afdelings, 'uitgelese dosent' en 'ontluikende dosent', op grond van hul ondervinding en leierskap in die vakkundigheid van onderrig en leer.

 

“Stellenbosch is 'n wonderlike plek om as 'n dosent te verbeter en baie dosente wat aktief besig is om hul onderrigvaardighede te slyp, is bereid om raad te deel. Eweknie-mentorskap werk ook vir dosente."

Sy belangstelling daarin om inligting te deel, het hom na sy pos as dosent gelei. “Ek het dit nog altyd geniet om te leer en put genot daaruit om dit wat ek geleer het, te deel. Dit is dikwels in die vorm van die praktiese breek en maak van goed, wat ook die rede is waarom ek in die ingenieurswese beland het. Hier het ek geleer 'n mens kan besondere genot uit probleemoplossing put en dit is hoekom ek gekies het om te bly."

In sy jongdae sou hy nooit kon droom het dat hy dit eendag sou geniet om onderrig te gee nie. In daardie stadium was onderrig gee net 'n aktiwiteit wat behels het dat jy voor 'n groep mense staan en die dieselfde inligting jaar na jaar herhaal. 'n Sieldodende, vervelige ding, sê hy.

Toe hy egter begin klasgee het, het hy besef dit is eintlik bevredigend om klas te gee. Hy ook besef daar bestaan geen perfekte onderrigstelsel nie.

​Hy sê dosente moet altyd 'n paar verskillende onderrigmetodes gebruik. “Dit maak die stelsel sterker en indien iets onverwags gebeur, is dit minder waarskynlik dat die hele stelsel in duie sal stort."

 

Hy het in sy jare as dosent gevind dat samewerkende leer en eweknie-mentorskap universeel en dikwels onderbenut is. “Ons het baie studente wat almal probeer om soortgelyke doelwitte te bereik. Ons kan hulle as 'n doeltreffende hulpbron gebruik; ons moet net platforms soos studenteforums skep waar hulle vrae kan vra en beantwoord."

 

Op hierdie manier kan 'n studente leer om krities te dink.  Hulle sal sien dat daar ander maniere van dink is en dat 'n versameling foute bestaan wat hulle dalk nie self gemaak het nie, sê hy.

Sy liefde vir leer en die insameling van kennis versterk sy passie vir onderrig. “'n Universiteit is nie meer net 'n plek waar jy kennis opdoen nie. Alomteenwoordige toegang tot inligting van boeke tot die internet stel enigeen wat kennis wil hê, om dit te kry.

“Wat 'n universiteit anders maak is dat jy nie alleen is wanneer jy dit (kennis) vind nie en jy kan jou opgewondenheid met ander deel. Daar is my kern werksbeginsel dat studente kennis moet nastrewe en dit wat hulle leer, met hul eweknieë deel," sê hy.

 

​