Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hibriede model vir 2020 Desember-gradeplegtighede beplan
Outeur: Dr Ronel Retief: Registrar/ Dr Ronel Retief: Registrateur
Gepubliseer: 04/11/2020

Vanweë die COVID-19-pandemie het die Universiteit Stellenbosch se Rektoraat 'n hibriede model vir die komende Desember-gradeplegtighede goedgekeur. Die hibriede gradeplegtigheid-model sluit 12 klein gradeplegtighede (van aangesig tot aangesig) in wat deur doktorale graduandi, eredoktorandi, ontvangers van die Kanselierstoekenning en die ontvanger van die Kanseliersmedalje in die Endlersaal bygewoon sal word, asook virtuele fakulteits-gradeplegtighede. Gradeplegtighede vind plaas van 14 tot 16 Desember 2020. Personeel wat by die reëlings vir die Desember-gradeplegtighede betrokke is, kan verwys na die eposboodskap met gradeplegtigheid-inligting wat alle potensiële 2020-graduandi vroeër vandag ontvang het.  ​

Let asb op die uiteensetting van inligting vir die 2020 Desember-gradeplegtighede hieronder:

 2020 Desember-gradeplegtighede​