Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Oorhandiging van 'n boek aan Universiteit Stellenbosch Biblioteek
Outeur: Prof. Johann Cook
Gepubliseer: 21/07/2020

IMG_20200714_100301(2).jpg  

Op die foto, oorhandig Prof. Johann Cook (links), Emeritus van die Departement Antieke Studie, 'n eksemplaar van die verrigtinge van 'n kongres wat in 2018 op Stellenbosch plaasgevind het, aan Niel Hendriksz (regs), wat tans Fakulteitsbibliotekaris: Lettere en Sosiale Wetenskappe is en voorheen lank die bibliotekaris vir Antieke Studie was. Hy was o.a. verantwoordelik vir die boeke uitstalling wat gekoppel is aan die 2018 kongres van die International Organization for the Study of the Old Testament (IOSOT) wat op Stellenbosch aangebied is en waarvan Prof. Cook die President was. Die boek bevat die verrigtinge van 'n kongres oor die Septuaginta (Die Griekse vertaling van die Ou Testament) en lui as volg Toward the Formulation of a Theology. Stellenbosch Congress on the Septuagint, 2018 (Johann Cook en Martin Rösel [reds.]), SBL: Leiden, 2020. In die versameling word die genoemde tema deur 19 binnelandse en buitelandse outeurs bespreek.