Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gee jou mening oor COVID-19 deur nasionale opname van RGN
Outeur: Corporate Communication: Rozanne Engel
Gepubliseer: 31/03/2020

Namate die wêreld verder deur die COVID-19-pandemie geraak word, wil die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) graag jou mening hoor om te help om die dodelike virus te beveg. 

Die kort meningsopname, wat nie meer as 15 minute sal neem om te voltooi nie, is daarop gemik om Suid-Afrika te help om beter voorbereid te wees, om die voortgesette pogings deur gemeenskappe en die regering om die verspreiding te stuit, aan te vul, en om die beste moontlike inligting en maatskaplike ondersteuning aan alles burgers te gee. 

Van die vrae in die meningsopname bepaal hoe goed ingelig burgers oor die virus is en is daarop gemik om te verseker dat jy weet hoe om jouself daarteen te beskerm. Dit kyk ook na praktiese oplossings om die pandemie te help beveg. 

Die opname bevat ook vrae oor persoonlike gesondheid en wil weet hoe voorbereid jy op die algehele inperking was. Dit vra jou mening oor hoe jy dink die regering, gesondheidsdiensverskaffers en ander noodsaaklike dienste in die toekoms beter voorbereid kan wees. 

Die Universiteit Stellenbosch wil vra dat alle personeel en studente die RGN help deur die opname, wat heeltemal anoniem is, te voltooi. Klik op die skakel om die opname te voltooi: https://www.surveymonkey.com/r/HSRCCOVID