Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
NII ontvang EARL-akkreditasie
Outeur: E Els
Gepubliseer: 28/02/2020

Die Kerngeneeskunde-navorsingsinisiatief (NuMeRI) Nodus vir Infeksiebeelding (NII) het 'n internasionale akkreditasie deur EANM Research Ltd (EARL) ontvang as 'n PET-CT Sentrum van Uitnemendheid. Benewens die nakoming van streng kwaliteitskontroles vir kwantitatiewe PET-CT-navorsing, verseker hierdie akkreditasie dat die data wat op die NII-skandeerder verkry is, vergelykbaar is met dié wat verkry is by ander EARL-erkende fasiliteite regoor die wêreld. Die NII is slegs die tweede EARL-geakkrediteerde fasiliteit in Afrika, die ander een is die aangrensende Wes-Kaapse Akademiese PET-CT-sentrum by die Tygerberg-hospitaal.

Die Europese Vereniging van Kerngeneeskunde (EANM) gebruik EARL as 'n inisiatief om multisentrum kerngeneeskunde en navorsing te bevorder. Die riglyne en spesifikasies van EARL is gebaseer op beeldkundiges met wêreldwye reputasie wat 'n wêreldwye leidende rol speel in PET-CT. Gebruikers van 'n fasiliteit met 'n EARL-akkreditasie kan seker wees van kwaliteit in die daaglikse kliniese praktyk, asook van die betroubaarheid van navorsingswerk wat vir multisentrum toetse gedoen word. Die akkreditasie verseker akkurate, reproduseerbare kwantitatiewe assessering deur standaardisering van metodes wat verband hou met die voorbereiding van pasiënte, skandering, beeldverwerking en analise.

Die NII PET-CT-fasiliteit word bestuur deur die Sentrale Analitiese Fasiliteite van Universiteit Stellenbosch en is baseer by die Tygerberg-hospitaal. Dit is sedert November 2019 in werking.

Vir meer inligting, kontak:

Dr Alex Doruyter

doruyter@sun.ac.za

 

Foto's:

Van links na regs: Dr Dimitri Erasmus, Prof Eugene Cloete, Prof Gary Stevens, Dr Daniel Adams, Dr Beth Engelbrecht, Dr Alex Doruyter, Prof Jimmy Volmink, Mnr Charles Mokonoto en Prof Nico Gey van Pittius.

Foto's deur Stefan Els