Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreld Hart Dag op die Rooi Plein gevier
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 02/10/2019

Lede van die nuutgestigde Sentrum vir Kardio-Metaboliese Navorsing in Afrika (CARMA) het vandeesweek uit hul pad gegaan om studente bewus te maak van die jaarlikste Wêreld Hart Dag op 29 September.

Studente op die Rooi Plein kon 'n eenvoudige bloeddruktoets ondergaan, aangesien dit 'n vroeë indicator is van 'n individu se kardiovaskulêre gesondheid en welwees. Daar was ook 'n groot vel papier met verf waar hulle kon uitdrukking gee aan hul gevoelens as 'n manier van selfrefleksie en om van hul stress en spanning ontslae te raak.

Prof Faadiel Essop, direkteur van die sentrum, het genoem dat verskeie studente se toetse veranderde vlakke in bloeddruk getoon het, en dat hulle liefs daaraan aandag moet gee.

Studente het ook voorligting ontvang oor optimale leefstyl risiko faktore soos 'n gebalanseerde dieet en om oormatige vette en gerafineerde koolhidriate te vermy, om ten minste vyf keer per week te oefen, maniere om stress te verminder, en om op te hou rook.

Op die foto, van links na regs, sit Leandrie Beselaar, Prof Faadiel Essop, Leanne Dominick, Hannah Geddie en Nina Truter. Hulle is almal verbonde aan die Departement van Fisiologiese Wetenskappe. Photo: Wiida Fourie-Basson