Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#WomenofSU: Thembelihle Bongwana
Outeur: Corporate Communication
Gepubliseer: 21/08/2019

Die Universiteit Stellenbosch duld onder geen omstandighede enige geslagsgerigte geweld nie en is verbind tot die skep van 'n omgewing wat vry is daarvan en waar gelyke regte vir almal bevorder word.

Hierdie verbintenis word deur die Eenheid vir Gelykwaardigheid versterk deur middel van sy Geslagsgeengeweld-portefeulje, waar Thembelihle Bongwana aan die hoof staan.

As deel van Suid-Afrika se Vrouemaandvieringe, gee Thembelihle vir ons 'n kykie in haar werk by die Universiteit.

Wat is die rol van 'n Geslagsgeengeweld-koördineerder?

My rol is om netwerke te bou, bemarking te doen en om strategiese alliansies binne die Universiteit en ook buite die US te vorm in die bou en koördinering van 'n samevattende institusionele strategie wat gemik is op die voorkoming, bewusmaking en monitering van alle vorms van geweld, diskriminasie en viktimisering wat met geslag verband hou.

Personeel en studente kan persoonlik voorvalle van geslagsgeweld, seksuele teistering en diskriminasie by die Gelykheidseenheid aanmeld of hulle kan 'n e-pos stuur aan unfair@sun.ac.za.

Jy is die eerste persoon wat hierdie portefeulje beklee. Hoe het die portefeulje ontstaan?

Die portefeulje het op 1 Februarie 2018 amptelik tot stand gekom. Dit spruit uit die US se verslag met aanbevelings om die bekamping van 'n verkragtingskultuur aan te spreek. Die Eenheid vir Gelykwaardigheid en die Universiteitsbestuur het die nodigheid vir die skep van 'n Geslagsgeengeweld-portefeulje om te dien as 'n meganisme om geslagsgeweld en die verkragtingskultuur op 'n sistemiese wyse te koördineer en te monitor.

Die portefeulje doen verslag aan die verkragtingskultuur- en geslagsgeweldmoniteringskomitee wat 'n oorsigtelike rol speel in terme van die implementering van die aanbevelings wat in bogenoemde verslag vervat is.

Geslagsgerigte geweld is 'n diepgaande en wydverspreide probleem wat in ons gemeenskappe voorkom. Watse rol kan die US speel om die probleem aan te spreek?

Geslagsgeweld raak elke vesel in elke samelewing. Talle maatskaplike euwels, insluitende huishoudelike geweld, maatskaplike en geslagsgebaseerde ongelykhede, benadeel vroue en ander gemarginaliseerde en kwesbare groepe oneweredig meer as hul manlike eweknieë.  

As deel van die samelewing en 'n sleutelrolspeler, moet die US poog om sy studente toe te rus om agente van volhoubare verandering in die samelewing te wees. Die Eenheid vir Gelykheidwaardigheid stuur wel die skip, maar al ons belanghebbers moet aan boord wees om die US te beleid van onverdraagsaamheid ten opsigte van enige vorm van onregverdige diskriminasie en verskeie vorms van teistering gestand te doen.

Waar kom jou passie vir geslagskwessies vandaan?

Ek dink dit is veilig om te sê dat ek vir hierdie tipe werk gebore is en my passie vir die onderwerp kom natuurlik vir my. Ek was nog altyd passievol oor geslagsaangeleenthede met my navorsingbelangstelling wat op manlike tipes, geslag en ontwikkeling, geslagsgedrewe magsdinamika, openbare eetruimtes, en geslag en wetenskap/vroue aan akademiese instellings fokus.

 

Wat se boodskap van aanmoediging het jy vir vroue?

Die bemagtiging van vroue vereis dat vroue self sal opdaag en alle geleenthede wat vir hulle aangebied word, met 'n sin van doelgerigtheid en gereedheid sal aangryp. Dit is ook uiters belangrik dat vroue voortdurend op hoogte van sake sal wees en na hierdie geleenthede sal soek.


*Hoe om 'n klagte te lê:

Personeel en studente kan persoonlik vorms van geslagsgeweld, seksuele teistering en diskriminasie by die Eenheid vir Gelykheidwaardigheid aanmeld of deur 'n e-pos te stuur na unfair@sun.ac.za.

Die eenheid is nie 'n trauma- of krisisondersteuningsdiens nie, maar eerder 'n gesentraliseerde punt waar alle vorms van seksuele wangedrag so gou as wat iemand gereed is om dit te doen, aangemeld kan word.

 

Trauma of krisisondersteuning is beskikbaar by die Sentrum vir Studentevoorligte en -Ontwikkeling:

  • Stellenbosch-kampus: 021 808 4994
  • Tygerberg-kampus: 021 938 9590
  • Ná ure: ER24 by 010 205 3032