Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Deon de Bruin lewer sy intreerede
Outeur: Ronél Beukes
Gepubliseer: 20/08/2019

Prof Deon de Bruin, hoogleraar in Bedryfsielkunde aan die Universiteit Stellenbosch, het sy intreerede met die titel Measurement in Industrial Psychology: Advances in theory and practice, op 19 Augustus 2019 gelewer.

Prof De Bruin se navorsingsbelangstelling sluit sielkundige meting en assessering in multikulturele en veeltalige kontekste in, en fokus veral op toepassings in persoonlikheid en beroepsielkunde.

Hy het voorheen by die Universiteit van Johannesburg gewerk, waar hy die posisies van direkteur van die Instituut vir Kinder- en Volwassevoorligting en hoof van die Sentrum vir Werksprestasie beklee het. Hy is as voorligtingsielkundige by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (Health Professions Council of South Africa) geregistreer.

  • Foto's deur Anton Jordaan:
    Hooffoto: V.l.n.r. is prof Ingrid Woolard, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe; prof Deon de Bruin; en prof Prof Eugene Cloete, viserektor: navorsing, innovasie en nagraadse studie aan US.
    Foto regs: Prof Deon de Bruin by sy gesin.Deon&gesin_web.jpg