Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aanlyn Leerontwerp en Ondersteuningsdienste
Outeur: Miné de Klerk
Gepubliseer: 06/08/2019

Daar is 'n aantal leerontwerp en ondersteuning meganismes beskikbaar vir die ontwikkeling van hibriede mode aanbiedings (d.w.s. akademiese modules of programme wat volledige aanlyn 'blokke' insluit) en aanlyn kortkursus programme by die US.

Dit word aanbeveel dat die module/kursus koördineerder ʼn betrokke SLT adviseerder (sien besonderhede onder) so vroeg as moontlik tydens die beplanningsfase kontak.

Afhangende van die bestek van elke projek (wat kan wissel van die ontwikkeling van ʼn enkele leerhulpmiddel soos ʼn video, tot die  leerontwerp van ʼn volledige hibriede akademiese program) kan die SLT adviseur voorbeelde van verlede projekte deel en voorstelle maak vir die volgende moontlike stappe in die ontwikkelingsproses. Voorbeelde van betrokke ondersteuningsdienste wat deur die SLT aangebied word sluit in:

  • Die ontwerp van ʼn kursus 'draaiboek' (d.w.s. die uitleg van die aanbevole SUNOnline/SUNLearn-gebaseerde leeraktiwiteite)
  • Die omkeer van aangesig tot aangesig leermateriaal tot interaktiewe aanlyn hulpbronne
  • Grafiese ontwerp van ikone, logos of ander visuele elemente
  • Video opneming en redigering
  • Die opstel en ondersteuning van regstreekse webinare
  • Verpersoonlikte en praktiese opleiding vir kursusaanbieders, administrateurs, en/of aanlyn tutors om aanlyn onderriggereedskap te bestuur en effektiewelik te gebruik
  • Projek-spesifieke mini-werkswinkels vir akademiese spanne, wat beide die opleiding in tegniese vaardigheid asook die deel van versekerde pedagogiese benaderings

Sommige van hierdie dienste, veral die verpersoonlikte grafiese ontwerp en video vervaardiging vir kort programme, behels koste implikasies. Om alle US personeel wat aanlyn/hibriede leerbenaderings ondersoek te bemagtig, kan die SLT ook voorstelle bied in lae koste opsies en opleiding van personeel wat daarin geïnteresseerd is om self aanlyn hulpbronne te ontwikkel.

Kontak asb. die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) se Leerontwerpspan vir meer inligting:

Miné de Klerk (Adviseur: Aanlyn- en Hibriedeleer)

mine@sun.ac.za

Nompilo Tshuma (Adviseur: Hoër Onderwys)

ntshuma@sun.ac.za