Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
WÊRELD HEPATITISDAG 2019
Outeur: Sr. Erika Botha
Gepubliseer: 30/07/2019

Wêreld Hepatitisdag 2019 is op 28 Julie. Hierdie datum is gekies omdat dit die verjaarsdag is van die wetenskaplike Nobelpryswenner, dr. Baruch Blumberg, wat die hepatitis B virus (HBV) ontdek en 'n diagnostiese toets en entstof vir die virus ontwikkel het. Die dag is 'n viering van die vordering wat gemaak is in die virale hepatitis sifting en 'n kans vir die gewone publiek, aangetaste gemeenskap, medies professionele beroepsmense en beleidvormers om saam te kom en vir die verwydering van hierdie siekte te vra.

In 2016 het elke land in die wêreld aangesluit om virale hepatitis teen 2030 te verwyder, maar tans is slegs 12 lande op dreef daarmee. Virale hepatitis veroorsaak jaarliks die dood van meer as 1.34 miljoen mense; meer as MIV/VIGS of Malaria. Tog is daar 'n geneesmiddel vir hepatitis C en 'n entstof en effektiewe behandeling vir hepatitis B beskikbaar. Die 4 000 daaglikse sterfgevalle veroorsaak deur virale hepatitis, is voorkombaar. 290 miljoen mense leef tans totaal onbewus van virale hepatitis; een van die sleutelredes is die gebrek aan bewustheid van die siekte.

 

Wat is hepatitis?

Hepatitis verwys na die ontstekingstoestand van die lewer, meestal veroorsaak deur 'n virale infeksie, maar daar is ander moontlike oorsake van hepatitis. Hierdie sluit outo-immuun hepatitis in en hepatitis wat voorkom weens sekondêre gevolge van medikasie, geneesmiddels, toksiene en alkohol. Outo-immuun hepatitis is 'n siekte wat ontstaan wanneer jou liggaam teenliggaampies teen die lewerweefsel maak.

Jou lewer is geleë in die regterkantse boonste gedeelte van die buik. Dit verrig baie kritiese funksies wat die metabolisme dwarsdeur die liggaam affekteer, en sluit die volgende in:

  • galproduksie, wat belangrik is vir spysvertering
  • filtrering van toksiene in jou liggaam
  • uitskeiding van bilirubien (produk van siek rooibloedselle), cholesterol, hormone en geneesmiddels
  • ontbinding van koolhidrate, vette en proteïene
  • aktivering van ensieme, wat gespesialiseerde proteïene is, noodsaaklik vir liggaamlike funksies
  • berging van gliserol (vorm van suiker), minerale en vitamiene (A, D, E en K)
  • sintese van bloedproteïene, soos albumien
  • sintese van stollingsfaktore

Die 5 tipes virale hepatitis

Virale infeksies van die lewer wat geklassifiseer word as hepatitis, sluit hepatitis A, B, C, D, en E in. Verskillende virusse is verantwoordelik vir elke tipe viraaloordraagbare hepatitis.

Hepatitis A is altyd 'n akute, korttermynsiekte, terwyl hepatitis B, C, en D hoogs waarskynlik voortdurend en chronies is. Hepatitis E is gewoonlik akuut, maar kan in die besonder gevaarlik vir swanger vroue wees.

Hepatitis A

 

Hepatitis A word mees algemeen oorgedra deur water of voedsel in te neem wat met 'n besmette persoon se ontlasting besmet is.

Hepatitis B

 

Hepatitis B word oorgedra deur kontak met besmette liggaamsvloeistowwe, soos bloed, vaginale afskeidings, of sperma wat die hepatitus virus (HBV) bevat. Inspuitingdwelmgebruik, seks met 'n besmette maat, of die deel van 'n besmette persoon se skeermes verhoog die risiko om hepatitis B op te doen.

Hepatitis C

 

Hepatitis C word oorgedra deur direkte kontak met besmette liggaamsvloeistowwe, kenmerkend deur inspuitingdwelmgebruik en seksuele kontak.

Hepatitis D

 

Ook genoem delta hepatitis, is 'n ernstige lewersiekte wat opgedoen word deur direkte kontak met besmette bloed. Hepatitis D is 'n skaars vorm van hepatitis wat slegs voorkom saam met die hepatitis B infeksie. Die hepatitis D virus kan nie vermenigvuldig sonder die teenwoordigheid van hepatitis B nie.

Hepatitis E

 

Hepatitis E is 'n waterverwante siekte wat hoofsaaklik gevind word in areas met swak sanitasie en word kenmerkend veroorsaak deur die opneem van ontlasting wat watervoorsiening besoedel.

 

Oorsake van niebesmetlike hepatitis

Alkohol en ander toksiene (gifstowwe)

Oormatige alkoholverbruik kan lewerskade en -ontsteking veroorsaak en dit word soms alkoholiese hepatitis genoem. Alkohol beskadig die selle van die lewer direk. Mettertyd kan dit permanente skade veroorsaak en lei tot lewerversaking en lewersirrose, wat verdikking en vorming van littekens op die lewer tot gevolg het.

Ander toksiese oorsake van hepatitis sluit die misbruik of oorbruik van medikasie en blootstelling aan gifstowwe in.

Outo-immuunstelsel reaksie

In sommige gevalle word die lewer deur die immuunstelsel as 'n skadelike voorwerp beskou en begin dit aanval. Dit veroorsaak voortdurende matige tot ernstige ontsteking, dikwels om lewerfunksie te verhoed en kom drie keer meer algemeen by vroue as by mans voor.

Algemene simptome van hepatitis

Indien jy chronies besmetlike vorme van hepatitis het, soos hepatitis B en C, kan jy aanvanklik dalk geen simptome hê nie. Simptome is afwesig totdat skade die lewerfunksie aantas.

Tekens en simptome van akute hepatitis verskyn vinnig en sluit die volgende in:

  • moegheid
  • griepsimptome
  • donker uriene
  • ligte stoelgang
  • abdominale pyn
  • verlies aan eetlus
  • onverklaarbare gewigsverlies
  • geel vel en oë, wat tekens van geelsug mag wees.

Chroniese hepatitis ontwikkel stadig, sodat hierdie tekens en simptome nouliks merkbaar is.

Hoe word hepatitis gediagnoseer?

Geskiedenis en liggaamlike ondersoek

Om hepatitis te diagnoseer, neem jou dokter jou geskiedenis om te bepaal of jy enige risiko faktore mag hê vir aansteeklike en nie-aansteeklike hepatitis.

Tydens 'n liggaamlike ondersoek druk jou dokter sagkens op jou buik om vas te stel of daar pyn of teerheid is en of jou lewer vergroot is. Geel vel of oë sal tydens die ondersoek opgemerk word.

Lewerfunksietoetse

Bloedmonsters word geneem om vas te stel hoe effektief jou lewer werk. Abnormale resultate mag die eerste aanduiding van 'n probleem wees, veral as jy nie enige simptome met 'n liggaamlike ondersoek toon nie. Hoë lewerensiemvlakke kan aandui dat jou lewer onder stres is.

Ander bloedtoetse

As jou lewerfunksietoetse abnormaal is, sal jou dokter waarskynlik ander bloedtoetse aanvra om die oorsaak op te spoor. Hierdie toetse kan virusse wat hepatitis veroorsaak nagaan. Dit kan ook gebruik word om te kontroleer of daar teenliggaampies, wat algemeen voorkom in toestande soos outo-immuun hepatitis, teenwoordig is.

Ultraklank

Abdominale ultraklank gebruik ultrasoniese klankgolwe om afbeeldings van die organe in jou buik te skep. Hierdie toetse laat jou dokter toe om 'n noukeurige ondersoek van jou lewer en nabye organe te doen. Dit kan die volgende aan die lig bring:

  • vloeistof in jou buik
  • lewerskade of lewervergroting
  • lewergewasse
  • abnormaliteit van jou galblaas

Soms wys die pankreas ook op die ultraklankbeelde en kan 'n nuttige toets wees om die oorsaak van abnormale lewerfunksie te bepaal.

Lewerbiopsie

'n Lewerbiopsie is 'n ingrypende prosedure wat behels dat jou dokter 'n weefselmonster van jou lewer neem met 'n naald deur die vel en vereis nie chirurgie nie. Ultraklank word gebruik om die dokter te lei tydens die biopsie.

Hierdie toets is bepalend van hoe infeksie of ontsteking jou lewer aangetas het. Dit kan ook gebruik word om enige abnormale monsters in jou lewerarea te neem.

Hoe word hepatis behandel

Behandelingsopsies word bepaal deur die tipe hepatitis en of die infeksie akuut of chronies is. Behandelingsopsies strek vanaf bedrus en hidrasie, tot inentings en antivirale behandeling. Immuunonderdrukkende medikasie word gebruik om outo-immuun hepatitis te behandel.

Wenke om hepatitis te voorkom

Higiëne

Goeie higiëne is een van die sleutelmetodes om te vermy dat hepatitis A en E opgedoen word. As jy na 'n ontwikkelende land reis, moet jy die volgende vermy:

  • plaaslike water
  • ys
  • rou of halfgaar skulpvis en oesters
  • rou vrugte en groente

Hepatitis B, C en D opgedoen deur besmette bloed kan voorkom word deur:

  • nie dwelmnaalde te deel nie
  • nie skeermesse te deel nie
  • nie iemand anders se tandeborsel te gebruik nie
  • kontak met bloed te vermy

Hepatitis B en C kan ook opgedoen word deur seksuele gemeenskap en intieme seksuele kontak. Beoefening van veilige seks deur die gebruik van kondome en mondkondome kan die risiko van infeksie verlaag.

 

Vir meer inligting oor hepatitis en die bestuur daarvan, kontak ons by Kampusgesondheidsdiens (021 808 3496) en maak 'n afspraak met 'n dokter, of kom in en maak 'n afspraak met 'n suster.