Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verpleging en kraamverpleging vier studente se prestasies
Outeur: Sue Segar
Gepubliseer: 23/07/2019

“Vind dit wat jy regtig van hou om te doen, en hou van wat jy doen … Glo dat dit wat jy doen wonderlik is…" 

Hierdie was die woorde van prof Anita van der Merwe, emeritus professor in die Departement Verpleeg- en Verloskunde, by 'n onlangse geleentheid waar die departement se prestasies gevier is om erkenning te gee aan die top akademiese en kliniese presteerders in al die departement se nagraadse programme, sowel as die Meestersgraad in Verpleging. 

Toekennings en pryse is gegee aan nagraadse studente vir akademiese uitnemendheid en deursettingsvermoë in die dissiplines van Kraamverpleging, Operasieteater, Intensiewe Sorg, Verplegingsopvoeding en –Bestuur, asook Primêre Sorg. 

In 'n toespraak wat gefokus het op die tema 'uitnemendheid', het Van der Merwe die belangrikheid beklemtoon van die doen van mensliewende dinge in die verplegingsberoep. 

“Uitnemendheid groei daar waar ons elke dag beter en mensliewende dinge doen," het sy gesê. 

Die verrigtinge is geopen deur prof Portia Jordan, hoof van die Departement Verpleeg- en Verloskunde, en die Dekaan van die FGGW, prof Jimmy Volmink, wat al die gaste en belanghebbendes verwelkom het. 

Die roemryke dr Pat Gorvalla-toekenning vir Meestersnavorsings-implementering is aan Shanaz Adams gegee vir haar studie met die titel The Experiences of Clinical Staff about Transformational Change Management at an Emergency Centre

Adams se studie het die sistemiese uitdagings van naderby bekyk wat deur 'n primêre gesondheidsorgsentrum in die Wes-Kaap ondervind is – een wat in 2009 ondersoek is deur die kantoor van die Openbare Beskermer. Daar is ook gekyk na die daaropvolgende verbeteringstrategie – gebaseer op die filosofie van transformasionele verandering – wat in die Noodeenheid geïnisieer is. 

In 'n gepaste verwysing na die belangrike rol van vriendelikheid en welwillendheid in die verplegingsprofessie, het Van der Merwe aangehaal uit die boek "The Language of Kindness" deur Christie Watson: "Beide vreugde en tragedie vorm 'n verpleegster". ("Both joy and tragedy build a nurse.")