Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Strenger wette kan politici keer om finansiële besluite te beïnvloed
Outeur: Tania Ajam, SPL
Gepubliseer: 09/05/2019

Die volgende artikel deur prof Tania Ajam van die US Skool vir Publieke Leierskap (SPL) is deur The Conversation op 8 Mei 2019 gepubliseer:


 

Vir enige regering om na die beste van sy vermoë te funksioneer, moet daar 'n goeie verhouding tussen politici en administrateurs wees. Hierdie "politieke-administratiewe koppelvlak" is 'n belangrike tema in publieke administrasie, in beide die teorie en die praktyk.

 
Daar is goeie redes hiervoor. Indien 'n regeringsburokrasie te veel geïsoleer is van politieke druk, kan senior amptenare traag wees om die huidige regering se belange en verkiesingsmandaat te dien. Aan die ander kant kan 'n hoogs verpolitiseerde burokrasie bestaande uit swak gekwalifiseerde, onervare en onbevoegde maar polities gekonnekteerde amptenare, ongetwyfeld die staat se vermoë om sy demokratiese mandaat uit te voer, in gevaar stel.
  • Lees die oorspronklike artikel in sy geheel hier.
  • Prof Tania Ajam is 'n dosent in openbare finansiële bestuur aan US se Skool vir Publieke Leierskap.