Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Blinde student ontvang MMus cum laude
Outeur: Corporate Communications Division/Sandra Mulder
Gepubliseer: 05/04/2019

​Michelle Nell, 'n gesiggestremde nagraadse studente by die Universiteit Stellenbosch (US), sal die vyfde gradeplegtigheid in April 2019 vir baie lank onthou aangesien haar afgetrede gidshond saam met haar die verhoog sal opstap om haar MMus-graad, wat sy cum laude verwerf het, in ontvangs te neem.

Sy sê dat hoewel dit nie altyd maklik was om met 'n gestremdheid te studeer nie, het haar geloof en haar oortuiging dat die enigste manier tot 'n beter toekoms deur onderrig is, haar deurgedra.

“Ek is heeltemal gekant teen die stigmas wat aan blinde mense gekoppel word. Ek glo dat niks in jou pad moet staan om te bereik wat jy wil nie, nie eens jou gestremdheid nie … alles is bereikbaar."

Michelle Nell1.jpg

​“Deursettingsvermoë is ook 'n belangrike bestanddeel op my reis na sukses. Ek het ook 'n paar rolmodelle wat my aangehelp het, soos Michelle Obama en Nelson Mandela. Al hierdie mense het uit moeilike omstandighede gekom en het dit te bowe gekom. Hulle beskik oor baie wysheid en kan trots wees op dít wat hulle bereik het. Hul lewens dien ook as aanmoediging vir ander om aan te hou ten spyte van moeilike omstandighede in hul lewens.

“Afgesien van my gesiggestremdheid, is ek ook met 'n gemoedsversteuring gediagnoseer. Dit het daartoe gelei dat ek my studies moes uitrek weens die behandeling. Dit het my studies nog moeiliker gemaak. Ek glo dat wanneer jy voor 'n uitdaging te staan kom, jy net moet aanhou en dat jy daardeur sal kom.

Michelle se reis aan die US het in 2005 begin toe sy met haar BA-kursus in Musiek begin het. Haar swart Labrador gidshond, Donna, het in Maart 2010 by haar aangesluit.

Die 11-jaar-oue Labrador was vir agt jaar getrou aan Michelle se sy, wat die grootste gedeelte van haar studentejare by die US ingesluit het. Volgens Michelle het Donna 'n groot rol in haar sukses gespeel.

“Donna het deur dik en dun by my gestaan. Sy het elke tree saam met my gegee. Sy was daar wanneer ek tot laat in die nag moes studeer, in die hospitaal, orals. My prestasie vandag is deels aan haar te danke. Sy het my veilig en by my sinne gehou."

“Donna gaan ook vandag net soos ek 'n geel gradeband om haar nek dra," het sy gesê.

Donna het in November 2018 afgetree en haar werk as Michelle se gidshond is deur Luna, ook 'n swart Labrador, oorgeneem. Intussen geniet Donna haar aftrede aan huis by Michelle se ouers in die Helderberg. “Ek mis Donna elke dag. Haar aftrede was soos om iets reg te maak wat nie eintlik stukkend is nie, maar ek het die regte ding gedoen om haar te laat aftree om te gaan rus. Sy is egter nie ver nie, omdat sy by my ouers in die Helderberg-omgewing bly. Ek sien haar van tyd tot tyd."

Michelle het reeds vir haar doktorsgraad in Sielkunde ingeskryf. Sy sal op Stellenbosch aanbly omdat sy met gemak op die kampus kan rondbeweeg. ​​

Fotograaf: Chante du Toit

Hooffoto: Stefan Els