Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ma inspireer top graduandus van Ghana
Outeur: Corporate Communications Division/Asiphe Nombewu
Gepubliseer: 04/04/2019

​“Jy sal nooit werklik groei as jy in dieselfde gemaksone bly nie," is die filosofiese woorde van Kwame Donkor (29) van Ghana wat nog nie weer sy familie gesien het sedert hy meer as twee jaar gelede sy akademiese loopbaan aan die Universiteit Stellenbosch (US) kom voortsit het nie.

Kwame sal onder die meer as 3 000 studente wees wat aanstaande week hul grade by die Universiteit se April 2019-gradeplegtighede ontvang. Sy navorsing vir sy meestersgraad in Ingenieurswese het oor waterherwinning en die produksie van biobrandstof uit papierslyk gehandel.

Hy het sy meestersgraad onder leiding en toesig van prof Johann Görgens (navorsingsleerstoel in Biobrandstof/Bio-energie (CoER) en medetoesighouers, drr Lalitha Devi Gottumukkala en Danie Diedericks van die departement Prosesingenieurswese gedoen.

Die 29-jarige Ghanees sê hy kollegas wat nagraadse studente gedurende sy tydperk as ingenieursonderrig-assistent by die Kwame Nkrumah-universiteit van Wetenskap en Tegnologie in Ghana was, het hom aan die US bekendgestel.

“Ek het in Ghana as 'n studente-assistent by die universiteit se laboratorium gewerk en die meeste van die werk wat ons gedoen het, was nou verwant aan die US; dit is hoe ek die geleentheid gekry het om by Maties te kom studeer."

“As ek reg onthou, het dit alles tussen 2009 en 2010 begin toe olie vir die eerste keer olie in Ghana ontdek is. 'n Nuwe program is toe net bekendgestel en ek was geïnteresseerd in die produksie van olie. Maar nadat ek besef het watse kommerwekkende uitwerking fossielbrandstowwe op die omgewing het, het my passie ontwaak en het ek my daaraan begin toewy om alternatiewe hernubare energiebronne te vind.

Ondanks die feit dat hy al so lank van sy familie geskei is, sê Kwame sy grootste motivering in die lewe is sy ongeskoolde ma. “Sy het my en my vyf sibbe geleer om elke liewe geleentheid in die lewe aan te gryp en om iets van onself te maak."

Hy sê hy was maar 'n gemiddelde studente op hoër skool – dit was voordat sy pa ingegryp en hom oorreed het om elke dag drie ure na skool saam met sy broer (vandag 'n apteker en 'n eersteklasstudent) agter die boeke te sit. “My pa het my saam met my broer toegesluit en dit het my baie gehelp. Ek het geen ander keuse gehad as om maar my skoolwerk onmiddellik na skool te doen nie, en toe het ek mededingend begin word."

Kwame, wat tans in Idasvallei woon, sê dat al kan sy familie nie die gradeplegtigheid kan bywoon nie, weet hy hulle is baie trots op hom en alles wat hy al bereik het.