Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ramos se uittrede onderstreep hoe min SA vroue topposisies beklee
Outeur: Dr Nadia Mans-Kemp in The Conversation
Gepubliseer: 05/02/2019

Die volgende artikel met die titel CEO's exit underscores how few South African women hold top jobs deur dr Nadia Mans-Kemp, senior dosent in die Departement Ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch, is op 30 Januarie 2019 in The Conversation gepubliseer:


Die uitvoerende hoof van een van Suid-Afrika se vier top banke – Absa – het vandeesweek aangekondig dat sy ná 10 haar in dié rol gaan uittree.

Onder Maria Ramos se leiding het diensbillikheid by die bank verbeter. Gedurende haar termyn as uitvoerende hoof het beide die getal swart vroue en mans in senior bestuursposisies vermeerder.

Aangesien sy die enigste vrou is wat uitvoerende hoof van een van die Top 40-maatskappye op die Johannesburgse Aandelebeurs is, is haar aftrede ˈn terugslag vir geslagsdiversiteit.