Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AvOL konferensie 2018: 'n viering van onderrig & leer by US
Outeur: Claudia Swart
Gepubliseer: 16/11/2018

Akademieskap van Onderrig en Leer (SoTL)-konferensie

Die 11de jaarlikse konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (in Engels Scholarship of Teaching and Learning, oftewel SoTL) met die tema Akademiese Leierskap het van 29 tot 31 Oktober 2018 by die Lord Charles Hotel plaasgevind. Sedert die ontstaan van die konferensie in 2007 het deelname daaraan toegeneem en vanjaar was daar 84 aanbiedings en 250 geregistreerde deelnemers.

Die oogmerk met hierdie geleentheid is om alle aspekte van onderrig en leer aan die US in 'n oop, ondersteunende en intellektueel stimulerende atmosfeer aan te pak. Dit bied 'n platform waar akademici onderrig- en leerpraktyke en navorsing kan deel en vier. Dit is 'n interne konferensie wat vir personeel van die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied word. Sewe voorkonferensie-werkswinkels is op 29 Oktober gehou. Daar was 140 deelnemers wat die werkswinkels bygewoon het. Voorbeelde van die konferensie-onderwerpe was “Die betrekking van studente by 'n aanlyn leeromgewing", “Die ontwikkeling van 'n onderrigportefeulje", “Navorsing in Onderrig & Leer – eerste stappe om onderwysvakkundiges te word" en “Die omskepping van assessering in goeie leerervarings".

Een van die hoofsprekers, dr Kathleen M Quinlan, het 'n werkswinkel getiteld “Die onderrig van kenmerkende denkgewoontes in jou veld" vir programleiers aangebied. Die programleiers het die kenmerkende denkgewoontes en hoofsaak van hul velde uitgelig; die sleuteluitdagings oorweeg wat studente in die gesig staar by die aanleer van hierdie denkgewoontes; en maniere ondersoek waarop hul programme as raamwerk vir studente se toepassing van daardie kerngewoontes kan dien sodat dié uitdagings oorkom kan word.

Die twee hoofsprekers, dr Kathleen M Quinlan (Direkteur: Sentrum vir die Studie van Hoër Onderwys, Universiteit van Kent) en prof Magda Fourie-Malherbe (Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys, Universiteit Stellenbosch), het die gehoor uitgedaag met aanbiedings wat stof tot nadenke gebied het. Die titel van dr Ouinlan se aanbieding was Leading for Learning: Building on your Values and Teaching Expertise [Leierskap vir leer: Bou op jou waardes en onderrigvakkundigheid], terwyl prof Fourie-Malherbe die gehoor geboei het met die onderwerp: Countering carelessness: A case for academic leadership as citizenship [Die teenwerking van traak-my-nieagtigheid: Die bepleiting van akademiese leierskap as burgerskap].

Vir podsendings en PowerPoint-skyfies van die programredes, besoek gerus:

http://www0.sun.ac.za/sotl/keynote-speakers/

Sedert 2017 woon deelnemers uit die Professionele Onderrigsontwikkeling vir Akademici-program (PRONTAK, of PREDAC in Engels) die viering van onderrig en leer tydens hierdie konferensie by. Die PRONTAK-program word aangebied vir nuut aangestelde akademici aan die US. Tydens so 'n PRONTAK-wegbreek vroeër vanjaar het deelnemers leergeleenthede ontwerp wat hulle in hul modules kon implementeer. Terug in die lesinglokaal het hulle dié leergeleenthede geïmplementeer en vervolgens studente se terugvoer bekom. Die resultate is in die vorm van plakkaataanbiedings by die konferensie gelewer. Sewentien groepe het plakkaataanbiedings gedoen. Die plakkate het diepgaande nadenke oor en begrip van wat hulle wou bereik, asook die proses(se) wat daarmee verband hou, weerspieël.

Die afsluitingsessie van die SoTL-konferensie het as 'n interfakulteit-dinkskrum oor onderrig en leer aan die US gedien, waar nuwe idees via deelnemersingrepe na fakulteite geneem kon word. Vanjaar het die afsluitingsessie verteenwoordigers van die US-onderwysgemeenskap by 'n vrydenkende bespreking oor die reis na akademiese leierskap, en spesifiek onderrigleierskap, betrek.

Deelnemers het die US-onderrigbaan op pad na onderrigleierskap, met die reise van die US-onderriggenote en nasionale genote van onderrigbevordering by universiteite (OBU) as vertrekpunt, verken. Die US-onderriggenote wat die sessies gefasiliteer het, was proff Geo Quinot, Ian Nell, Dana Niehaus, Nicola Plastow en Ingrid Rewitzky, Marianne McKay, asook drs Berna Gerber, Elize Archer, Michael Schmeisser, en Marianne Unger. Die US-onderriggenote wat tot nasionale OBU-genote gevorder het, is prof Geo Quinot, prof Ian Nell en dr Berna Gerber. Prof Ian Couper het as 'n OBU-genoot by die US aangesluit.

Die sessie is afgesluit met deelnemers wat 'n nuwe of hernude gevoel van hul “reis na akademiese leierskap" ervaar het ná diepsinnige gonsgroepbesprekings binne en tussen die fakulteite.

Die finale geleentheid op die konferensieprogram was die skemeronthaal waar die viering van onderrig en leer aan die US voortgesit is. Verskeie bydraes tot onderrig en leer aan die US is gevier. Die PRONTAK-deelnemers wat die program voltooi het, het ook hul sertifikate ontvang. Die nasionale en US-onderriggenote, asook die ontvangers van die Vereniging vir Leer en Onderrig in Hoëronderwys (HELTASA)- en US-onderriguitnemendheidstoekennings, is almal bedank vir hul rol as akademiese leiers wat onderrig en leer aan die US bevorder.

Elf aanbiedings is as moontlike pryswenners gekortlys. Vier beoordelaars het die aanbiedings wat gekortlys is, bygewoon. Hierdie aanbiedings was:

BaanTipeOuteursTitel

Navorsing

 

 

Plakkaat

 

 

Van der Berg, Tanya;
Harmuth, Keryn;
Archer, Elize
Voorgraadse mediese studente se verslagdoening oor hindernisse en instaatstellers tydens die uitvoer van bloedkulture in die hospitaalomgewing

Navorsing

 

Aanbieding

 

Baard, Roelof;
Steenkamp, Len
Die geïgnoreerde middel: Oorgang van eerste jaar na tweede jaar in Finansiële Rekeningkunde
InnovasieAanbiedingArnott, Gareth EdwardKernkennisassessering in Organiese Chemie

Navorsing

 

 

 

Aanbieding

 

 

 

Dunn-Coetzee, Munita;
Du Plessis, Alten;
Kroon, Carla;
Engelbrecht, Riana;
Petersen, Joy

Die “Welwees"-mentorskapervaring as 'n voertuig vir persoonlike welwees-ontwikkeling

 

 

InnovasieAanbiedingEssop, FaadielUnieke maniere om die kritiese denke in voorgraadse Fisiologie-klasse te versterk

Navorsing

 

Aanbieding

 

Khosa, Priscalia;
Zimba, Zibonele
Die gebruik van gemengde leer in Maatskaplike Werk-opvoeding: 'n Ongemaklike skuif

Navorsing

 

 

 

Aanbieding

 

 

 

Kroon, Carla;
Du Plessis, Alten;
Louw, Alwyn;
Sinclair, Elmien;
Koch, Christa

Die welwees en sukses van studente in Geneeskunde en

Gesondheidswetenskappe

 

Navorsing

 

Aanbieding

 

Barnard, Magda;
Adams, Samantha;
Du Preez, Ronel
Spelifikasie om te Wen!… of nie? Die evaluering van studentepersepsies
NavorsingAanbiedingBlaine, DeborahOpvattings oor SoTL in Ingenieurswese

Navorsing

 

 

 

Aanbieding

 

 

 

Volschenk, Mariette;
Geiger, Justine;
Smit, Liezl;
Blitz, Julia;
van Heerden, Ben

'n Kurrikulum vir gesondheidsorg in die 21ste eeu: hervorming en vernuwing van die MB,ChB-program aan die Fakulteit Geneeskunde en

Gesondheidswetenskappe

InnovasieAanbiedingNieuwoudt, Liezl;
Pegado, Brigitte
Beplanning vir die dekolonisering van die Ekonomie-kurrikulum: 2017–2020

 

Die hoogtepunt van die konferensie was die aankondiging van die wenners deur prof Arnold Schoonwinkel:

  • Die “Deelnemerskeuse"-toekenning het HELTASA 2019-bywoning ontvang (of enige ander dissiplinêre voorkeur- opvoedkundige konferensie): Dr Philip Southey, met die referaat “Konsepte in konteks"
  • Die beste praktykgebaseerde referaat het HELTASA 2019-bywoning ontvang (of enige ander dissiplinêre voorkeur- opvoedkundige konferensie): Prof Faadiel Essop, met die referaat “Unieke maniere om die kritiese denke in voorgraadse Fisiologie-klasse te versterk"
  • Die beste navorsing gebaseerde referaat het bywoning van 'n internasionale onderrig- en leerkonferensie in 2019 ontvang: Me Magda Barnard, me Samantha Adams en prof Ronel du Preez, met die referaat getiteld “Spelifikasie om te Wen!… of nie? Die evaluering van studentepersepsies".

Ons bedank graag al die deelnemers aan vanjaar se konferensie vir die tyd en moeite wat hulle bestee het om hul professionele leer te verbeter en innoverende idees oor hul onderrig en hul studente se leer hier te kom deel. Ons is bevoorreg om 'n groep akademici aan die US te hê wat onderrigleierskap aktief voorstaan en ontwikkel.