James Wewege, 'n voor-finalejaar BRekLLB-student, het
onlangs die parlementêre portefeuljekomitee vir Justisie en Korrektiewe
Ontwikkeling met sy skriftelike voorlegging ten opsigte van die voorgestelde
Wysigingswetsontwerp op Staatsaanspreeklikheid voorsien. Hierdie voorleggings
is gebaseer op voltooide navorsing vir sy LLB-tesis onder leiding van dr Bernard Wessels (Departement Privaatreg). Die komitee het James genooi om op Woensdag 31 Oktober 2018 sy
voorlegging in die parlement aan te bied.
In opsomming het sy voorlegging drie kernpunte gehad.
Eerstens het James beklemtoon dat, ingevolge die voorgestelde artikel 2A(3) van
die wetsontwerp, is periodieke betalings onderhewig aan 'n jaarlikse verhoging
in terme van die Verbruikersprysindeks (VPI). Hy het voorgestel dat die
Wetsontwerp 'n meer geskikte alternatiewe maatreël moet gebruik om die
akkuraatheid, koste en praktiese werking van die VPI moontlik te maak,
aangesien die VPI nie in die huidige omstandighede toepaslik is nie. Tweedens,
volgens die voorgestelde artikel 2A(2)(b), sal 'n slagoffer van skade, wat
voortspruit uit mediese wanpraktyk in die openbare gesondheidsorgsektor, na 'n
openbare gesondheidsinstelling vir mediese dienste verwys word. Die huidige
verwysing na "openbare gesondheidsinstelling" is egter enkelvoudig en
nie meervoudig nie, wat tot ongegronde nadelige gevolge kan lei. Daarbenewens
kan hierdie proses inbreuk maak op grondwetlike regte soos die reg op vryheid
van handel, verblyf, beweging en beroep. Hy het alternatiewe bewoordings
verskaf vir die voorgestelde wetsontwerp, wat, indien aanvaar, die oortreding
van grondwetlike regte kan vermy en groter sekerheid bied aan toekomstige
litigante en howe wat oor hierdie kwessie oordeel. Laastens, ingevolge die
voorgestelde artikel 2A(2), kan 'n suksesvolle mediese wanpraktiserende
litigant gevra word om belasting te betaal op die periodieke betalings wat die
staat verplig is om te maak. Daarom moet ʼn deeglike ondersoek na die belasting behandeling
van die periodieke betalings voltooi word ten einde enige nadelige implikasies
vir suksesvolle litigante te voorkom wat reeds skade aan die hand van ʼn staatswanpraktyk
gehad het. In wese het James 'n wysiging van die Inkomstebelastingwet
voorgestel om sulke nadelige gevolge te voorkom.
James en dr Wessels sal hierdie voorleggings, tesame met
ander navorsing oor die onderwerp van staatsaanspreeklikheid, na 'n volwaardige
eweknie-geëvalueerde akademiese artikel verwerk. Op hierdie manier het James
bygedra tot die akademiese ontwikkeling van hierdie regsgebied, terselfdertyd
ook deelgeneem aan die formele regsproses, en waardevolle praktiese voorstelle
verskaf, wat die huidige stand van sake kan verbeter.
Die Fakulteit is baie trots op hom!