Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rollover 2019
SUNLearn 2019 Module Oorrol
Outeur: Thys Murray
Gepubliseer: 13/11/2018

Beste SUNLearn fasiliteerder

>>OPDATERING 2018/12/03<<

Ons het nou die oorrolproses van 2018 na 2019 afgehandel. Alle inhoud van 2018 is oorgedra na die dienooreenkomstige 2019 modules, en alle personeel is vir 2019 gelaai soos hulle vir 2018 gelaai is.

Om te kyk of jy vir jou regte 2019 modules gelaai is, klik op die Future knoppie in jou Course Overview bladsy. Hierdie sal die modules lys wat volgende jaar begin. Vanaf 1 Januarie 2019 sal hierdie modules skuif na In progress, en huidige In progress modules sal skuif na Past.

CourseOverview.jpg

As daar enige 2019 modules of inhoud is wat van jou profiel ontbreek, of as jy fasiliteerders sien wat nie meer by ʼn module betrokke is nie, laat asb. die SUNLearn-span weet om dit reg te stel.

Vriendelike groete

Die SUNLearn-span


Beste SUNLearn fasiliteerders

Dit is weer sulke tyd van die jaar om 2018 af te sluit en te begin met die oorrol proses om modules vir 2019 te aktiveer. Soos tevore word alle geregistreerde 2019 modules reeds op SUNLearn geskep nog voor dit versoek word. Studente word dan tydens registrasie outomaties daarvoor gelaai en dosente kan besluit of hulle van die module spasie gebruik wil maak of nie.

Hierdie jaar benader ons die hele oorrolproses bietjie anders. In stede daarvan dat personeel vir ons ʼn lys invul oor wie vir watter modules gelaai moet word, en óf 2018 inhoud oorgedra moet word, doen ons nou die volgende uit die staanspoor:

  • Alle inhoud (behalwe Turnitin skakels) van alle geregistreerde 2018 modules word oorgedra na hul dienooreenkomstige 2019 module. Al hierdie modules word van studente versteek tot die aanvang van klasse (Gesondheidswetenskappe se modules word vroeër sigbaar gemaak vir wanneer hul studente begin). Indien inhoud steeds ná die aanvang van klasse versteek moet wees (bv. in die geval van tweede semester modules), kan dit as volg gedoen word.
  • Alle personeel word vir 2019 modules gelaai soos hulle vir 2018 gelaai was.

Deur vooraf hierdie proses so te benader verwag ons om bykans die hele oorrol proses teen Kersfees af te handel.

  • Ons is egter natuurlik daarvan bewus dat nie alle fasiliteerders die vorige jaar se inhoud oorgedra wil hê nie. In hierdie geval stel ons die volgende stappe voor om ongewensde inhoud te verwyder.
  • Indien ander modules se inhoud vereis word, bv. 2017 inhoud, in stede van 2018, kontak net die SUNLearn kantoor.
  • Indien enige fasiliteerders gelaai of verwyder moet word, kontak net die SUNLearn kantoor.

Die proses gaan nou as volg verloop:

  1. Ons is tans besig om alle inhoud van 2018 na 2019 oor te dra.
  2. Sodra hierdie klaar is sal ons alle 2018 fasiliteerders vir die 2019 modules laai.

Elke stap in die proses sal op die SUNLearn Instrumentpaneel (Dashboard) bekendgemaak word.

Vriendelike groete

Die SUNLearn-span
learn@sun.ac.za
021 808 2222