Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof De Villiers neem die leisels oor by AFREhealth
Outeur: Sue Segar
Gepubliseer: 26/10/2018

Marietjie de Villiers, ʼn professor in Huisartskunde en Primêre Sorg aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), is onlangs verkies tot president van die Afrika-forum vir Navorsing en Opvoeding in Gesondheid (AFREhealth), ʼn Afrika-wye netwerk vir gesonheidsberoepe-opleidingsinstansies, navorsers en akademici.




Die AFREhealth-inisiatief – wat in Augustus 2016 van stapel gestuur is – is ʼn interprofessionele forum vir die gesondheidsberoepe wat ontstaan het uit die netwerk wat daargestel is deur die Mediese Onderwys-Vennootskapsinisiatief (MEPI) en die Verpleegkunde Onderwys-Vennootskapsinisiatief (NEPI). MEPI en NEPI, wat gestig is deur die VS-president se Noodplan vir VIGS-verligting (PEPFAR), het befondsing aan 13 mediese skole en 22 verpleegkunde skole in Afrika verskaf om onderwys in die gesondheidsberoepe te versterk.

AFREhealth poog om op MEPI en NEPI se sukses te bou en gesondheidsorg in Afrika te versterk deur middel van navorsing, onderwys en kapasiteit-bou.

De Villiers, die FGGW se voormalige Vise-dekaan: Leer en Onderrig en die hoofnavorser vir US MEPI, sê sy voel geëerd dat sy verkies is tot ʼn twee-jaar termyn.

Sy sê “daar is baie organisasies in Afrika, maar ons ken nie almal mekaar nie en elke land is anders. Die NEPI- en MEPI-geskiedenis beteken dat ons reeds ʼn sterk netwerk opgebou het in verskeie lande, wat baie voordelig is vir dit wat ons doen."

Gevra wat die presidentskap sal vereis, sê sy: “Soos enigeen wat ʼn organisasie lei sal ek verantwoordelik wees vir die bestuur en onderneming van netwerke, asook vir strategiese kommunikasie.

“In die volgende twee jaar sal ons spesiale belangstellingsgroepe vir ondermeer, interprofessionele-opleiding, studente uitruil, navorsing, en gesondheidsberoepe onderwys, ontwikkel."

Volgens De Villiers, is AFREhealth se diversiteit ʼn groot trekpleister vir mense vanuit alle gesondheidsorg-beroepe. “Dit stel hulle in staat om byeen te kom en bied ʼn platform vir ware interprofessionele werk, en skep geleenthede vir samewerking wat nie voorheen bestaan het nie. Dit is ʼn geval van 'vind ons sterkte in ons verskille' – en ek glo ons sal van krag tot krag gaan."

Gevra wat sy hoop om te bereik, sê sy: “Aan die einde van my twee-jaar termyn sal ek wil hê dat die organisasie goed gevestig moet wees in terme van bestuur en organisasie, en ek sal graag sterk, dinamiese gemeenskappe van praktyk aan die gang te hê. Ek sal graag goed gevestig wil wees in terme van kapasiteit-ontwikkeling en die opbou van gesondheidsberoepe onderwys in Afrika sodat ons ʼn verskil kan maak aan die kontinent se gesondheid."


Onderskrif 1: Tydens die 2018 Simposium ken die AFREhealth PI-raad ʼn lewenslange lidmaatskap toe aan Dr Eric Goosby (links), voormalige PEPFAR-ambassadeur. Die voormalige president, prof Peter Donkor van Ghana (tweede van regs) en prof Abigail Kazembe van Malawi die nuwe adjunkpresident links van Goosby.

Onderskrif 2: Prof Marietjie de Villiers lewer haar aanvaardingstoespraak as die nuwe AFREhealth-president, tydens die AFREhealth-kongres in Durban in Augustus.