Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Desember Gradeplegtigheid 2018
Outeur: Corporate Communication/ Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 17/10/2018

​Die verlening van grade, diplomas en sertifikate (hierna kwalifikasies genoem) (ingesluit doktorsgrade en eredoktorsgrade) vind plaas in die Coetzenburg-sentrum op die Coetzenburg sportgronde van 10 – 14 Desember 2018.

Kandidate moet twee ure voor die seremonie aanmeld: 

Elke plegtigheid begin stiptelik soos aangedui in die gradeplegtigheid-skedule, maar alle kandidate tot op magistervlak moet TWEE URE vroeër by die pawiljoen van die Danie Craven-stadion aanmeld, reeds in besit van hul gehuurde akademiese drag. 

Doktorale kandidate: 

Doktorale kandidate moet 1½ uur voor die aanvang van die betrokke plegtigheid in die Barlowkamer in die Jannie Marais-huis op Coetzenburg aanmeld, ook in besit van hul gehuurde akademiese drag. 

Graduandi wat laat opdaag:   

Graduandi wat met of sonder gehuurde akademiese drag by die Coetzenburg Sentrum arriveer nadat die gradeplegtigheid reeds begin het, sal nie oor die verhoog kan stap nie en hul kwalifikasie sal in absentia toegeken word. Neem moontlike vlugvertragings, kragonderbrekings, druk verkeer en parkeer- en staptyd in ag om te verseker dat jy betyds opdaag vir die opstelling van die akademiese prosessie by die Danie Craven-stadion. 

Kennisgewing en program

  • Laai die amptelike kennisgewing af – dit bevat noodsaaklike inligting vir graduandi en gaste
  • Graduandi sal teen die einde van Oktober 2018 'n epos met inligting oor die gradeplegtighede ontvang
  • Die programme en naamlyste van graduandi sal vroeg in Desember 2018 op die webblad beskikbaar wees