Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Deeltydse konsultantposte beskikbaar by die US Taalsentrum se Skryflaboratorium
Outeur: Anne-Mari Lackay
Gepubliseer: 27/09/2018

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Taalsentrum nooi nagraadse studente, wat by die US geregistreer is, uit om aansoek te doen om deeltydse skryfkonsultantposte by die Skryflab vir 2019. Die aansoeke deur M- en D-studente sal voorkeur geniet.

 

Ons moedig studente uit alle fakulteite aan om aansoek te doen.

 

Skryfkonsultante se pligte sluit die volgende in:

 

  • Individuele konsultasies met studente oor hul skryfwerk
  • Deelname aan die skryfkonsultantopleidingsprogram
  • Hulp met die bemarking en profilering van die Skryflab se konsultasiediens
  • Bywoning van gereelde vergaderings/gesprekke met die hoof van die Skryflab

     

    As jy tweetalig in Afrikaans en Engels is, kan dit voordelig wees, maar dit is nie 'n vereiste nie.

     

    Rig navrae aan Anne-Mari Lackay by 021 808 2989 of amlackay@sun.ac.za. E-pos jou CV aan Anne-Mari of stuur ʼn afskrif na die Taalsentrum se Skryflab by Banghoekweg 44, Stellenbosch.

     

    Aansoeke sluit op 15 Oktober 2018.