Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Verkiesing van lede van die institusionele forum: personeelsektor
Outeur: Dr Ronel Retief Registrateur/ Registrar
Gepubliseer: 18/09/2018

Die Institusionele Forum (IF) is 'n advieslig­gaam wat, ingevolge die Wet op Hoër Onderwys [Art. 31(1) van Wet 101 van 1997], die US Raad van advies bedien oor beleids­aangeleenthede, wat die uitvoering van die bogenoemde Wet en die Nasionale Beleid op Hoër Onderwys insluit.

 

Die bogenoemde verkiesing het vanaf 27 Augustus tot 07 September 2018 plaasgevind, en die volgende US-personeellede is verkies om die personeelsektor in die IF vir die termyn 01 Januarie 2019 tot 31 Desember 2021 in die volgende kategorieë te verteenwoordig:

 

A.   uit eie geledere deur die permanente nie-professorale akademiese personeel:


1.   Bryan Bergsteedt

2.   Willem Bester

3.   Kate Huddlestone

 

B.    uit eie geledere deur die permanente administratiewe- en akademiese ondersteuningspersoneel:


1.   Gillian Arendse

2.   MJ Brooks

3.   Celeste Nel

 

C.   uit eie geledere deur die permanente tegniese ondersteuningspersoneel:

1.  Yolanda Engelbrecht

2.       Gabriel Marupula