Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Elsabé Daneel kommunikasie-werkswinkels weer ‘n reuse sukses!
Outeur: Claudia Swart
Gepubliseer: 06/09/2018

Elsabé Daneel is 'n bekende TV-aanbieder, TV- en fliekakteur en het al verskeie teaterproduksies vervaardig en ook as aktrise daarin opgetree.  Sy is 'n vervaardiger, aanbieder en regisseur van korporatiewe videos asook dokumentêre programme vir kykNET en M-Net.

As kommunikasie- en mediastrateeg, bied sy ook 'n kommunikasie werkswinkel, genaamd Communication IQ, aan.  Hierdie werkswinkels oor kommunikasie- en aanbiedingsvaardighede is vol pret en gemik op korporatiewe kliente, TV- en radio-aanbieders, akteurs, publieke sprekers, opvoeders, studente, akademiese personeel, ens.

Elsabé het gedurende Augustus 2018 twee kommunikasie-werkswinkels vir akademici by Universiteit Stellenbosch aangebied.  Die beginners-werkswinkel is op 24 Augustus aangebied en 11 deelnemers het dit bygewoon.  Die gevorderde werkswinkel het op 25 Augustus plaasgevind en 3 deelnemers het dit bygewoon.

Die volgende onderwerpe is tydens die werkswinkels bespreek:

•             raak vertroud met kommunikasieterme

•             ontdek die ABC van die kommunikasieproses

•             evalueer jou sterk en swakker punte as kommunikeerder

•             kommunikasiemodelle wat vir jou kan werk

•             ondersoek die tegniese aspekte wat die kommunikasieproses beinvloed

•             herken die rol van persoonlike styl

•             maak die beste van lyftaal

•             eksperimenteer met jou stemvermoë

•             ontspanningstegnieke wat werk

•             jou unieke verbale boodskap

•             bou verhoudings

•             die opneem van video's en podgooie vir gebruik in jou module.

 

Terugvoer ontvang van deelnemers:  

"Elsabe gives good practical advice in a clear manner."
"The feedback on our videos was the most valuable."
"Elsabe's years of experience shows!"
"The most valuable part of the workshop was watching yourself as an outsider on video to see what gestures are made and what body language you use.  Commentary from others help you gain better perspectives."
"I love how honest and direct Elsabe is when giving feedback"

Kontak Nothemba Nqayi [nothemban@sun.ac.za] indien jy belangstel om 'n Elsabe Daneel werkswinkel by te woon.