Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hou Tygerberg veilig
Outeur: FMHS Marketing & Communication / FGGW Bemarking & Kommunikasie
Gepubliseer: 07/06/2018

My naam is Nicholas Saal en ek maak deel uit van die Tygerberg-kampusbeheerspan. Het jy enige terugvoer oor ons dienste? Besoek gerus die beheerkamer in die kelderverdieping van die Kliniese Gebou, skakel 021 938 9507 of stuur 'n WhatsApp-boodskap na 082 808 2333.

Jare op kampus: 18

Beskryf jouself in een sin: Ek is baie reguit en gefokus op dienslewering.

Wat geniet jy die meeste van jou werk? Die interaksie met die studente.

Wat is jou bynaam? Manties.

Watter ander passies het jy? Ek geniet visvang en familie-uitstappies.

Gunsteling fliek, en hoekom? Tolla is Tops. Ek hou van lag.

Gunsteling musiek? Gospel- en koorsang

Watter verskuilde talente het jy? Ek hou van sing.

Boodskap vir studente? Moenie sekuriteitsbeamptes as jou vyande sien nie. Behou 'n goeie gees en fokus op die toekoms wat jy graag vir jouself wil hê.