Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hou Tygerberg veilig
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie
Gepubliseer: 03/05/2018

My naam is Willem Burmeister en ek maak deel uit van die beheerspan op die Tygerberg-kampus. Het jy enige terugvoer oor ons dienste? Kom na die beheerkamer onder die kelderverdieping van die Kliniese gebou, skakel 021 938 9507 of stuur 'n Whatsapp na 082 808 2333.

​Jare op kampus? Oktober is dit 18 jaar.

Beskryf jouself in een sin: Vriendelik, hulpvaardig, netjies en lojaal teenoor my medemens.

Bynaam? Burrie. Dis 'n afkorting van my van.

Wat geniet jy die meeste van jou werk? Om ander mense te help en die dankbaarheid op hul gesigte te sien.

Het jy 'n snaakse studentestorie om te vertel? Toe eerstejaarmans poedelnakend van Hippokrates om Huis Francie moes hardloop... Tussen hulle was 'n knaap op 'n fiets wat sonder 'n saal gery het!

Watter ander passies het jy? Ek is lief vir tuinmaak en hou van buitelugaktiwiteite soos stap en bergklim.

Gunsteling-fliek? Back Draft. Ek hou van drama met aksie.

Gunsteling-musiek? Country, want dit het diep stories. En ook Afrikaanse musiek.

Het jy verskuilde talente? Ek teken baie goed en hou daarvan om met hy hande te werk.

Boodskap aan studente? Wees altyd bedagsaam en meld alle kriminele aktiwiteite eerste by  Kampussekuriteit aan. En wanneer daar gekuier word, hou magtigheid voor oë. Jou veiligheid kom altyd eerste.