Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Grondrestitusie nie ʼn totale mislukking, maar probleme bly pla
Outeur: Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie [Alec Basson]
Gepubliseer: 18/04/2018

Gegewe die probleme rondom die restitusie van grond, sal ons moet wag en sien of onteiening sonder vergoeding die antwoord hierop sal wees.

Dít was een van die gevolgtrekkings van prof Olaf Zenker van die Instituut vir Sosiale Antropologie aan die Universiteit van Fribourg en ook 'n genoot van die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) op Dinsdag (17 April 2018). Hy het die derde openbare STIAS-lesing van 2018 gelewer.

Zenker het in sy aanbieding sommige struikelblokke tot die restitusie van grond uitgelig en gesê die proses verloop te stadig.

“Afgesien van die kwessie van spoed, het ons talle implementeringsprobleme. Daar is 'n gebrek aan politieke wil, 'n probleem van beleidsteenstrydighede, sowel as 'n gebrek aan ʼn omvattende visie."

“Aangesien daar geen oorhoofse raamwerk is nie, is daar baie beleidsbesluite wat nie sin maak nie."IMG_4509.JPG

Zenker het gesê die regering is onduidelik oor wie die begunstigdes van die restitusieproses behoort wees.

“Enersyds het dit met beleide vorendag gekom wat sterk op individuele regte fokus en andersyds het dit tradisionele leiers belowe dat hulle aan beheer van sake sal wees en grond sal kan oorneem."

Zenker het ook gesê diegene wat by die restitusieproses betrokke is, is nie goed opgelei nie en het nie die hulpbronne om hul werk te doen nie.

“Mense het nie die nodige opleiding om historiese navorsing te doen ten einde die geldigheid van eise te bepaal nie. Hulle het ook nie die materiaal om rekords te hou en seker te maak dat prosesse gehandhaaf word en dat daar 'n behoorlike databasis van alle grond is sodat mense weet watter eise bestaan en watter oorvleuel."

Zenker het die regering gekritiseer omdat dit slegs 1% van die jaarlikse begroting aan grondhervorming toewys.

“Daar is ʼn ernstige gebrek aan hulpbronne vir die restitusieproses. Dit is nie net 'n kwessie van geld nie; dit is ook 'n kwessie van kapasiteit."

Hoewel Zenker krities was oor die restitusieproses, het hy daarop gewys dat nie 'n totale mislukking was nie.

“Wat heeltemal vergeet word, is dat die oorgrote meerderheid grondeise opgelos nie deur restitusie opgelos is nie, maar deur finansiële vergoeding."

Die geld wat mense ontvang het, het gehelp om hul lewens te verbeter, het Zenker bygevoeg.

Hy meen die tyd het aangebreek om die restitusieproses te af te handel.

  • Hooffoto: Krediet: Pixabay
  • Foto 1: Prof Olaf Zenker aan die woord by die derde STIAS-lesing.