Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Court of Justice Seychelles
SIGLA @ Stellenbosch neem deel an werkswinkel oor maritieme veiligheid
Outeur: Francois Vrey
Gepubliseer: 29/03/2018

​SIGLA het aan 'n maritime veiligheidswerkswinkel in Seychelles deelgeneem. Die werkswinkel is oor die periode 19-23 Maart deur die Africa Center for Strategic Studies (VSA) en regering van Seychelles aangebied. Die werkswinkel is as 'n leergeleentheid vir maritieme amptenare van Wes, Oos, Noord en Suidelike Afrika ontwikkel. Die aktitiwiteite het kort lesings ingesluit waar prof Francois Vrey van SIGLA (Stellenbosch Universiteit) die formulering van maritieme strategie gedek het, en gevolg deur 'n reeks daaglikse paneelbesprekings om amptenare te help met strategieformulering. 'n Veldbesoek aan die gespesialiseerde seerowerhof in Victoria was 'n hoogtepunt. Die Regter President, Hoofregter van Seychelles en die appelregter in die appelsake van seerowerbeskuldiges, het die  voorgeligtings behartig. Die groep is ook deur die regionale maritieme koordineringsentrum en die lede van die ''Indian Ocean Commission'' oor gebeure en response in the Westelike Indiese Oseaan voorgelig.