Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Suid-Afrika se 2018-begroting en die belastingimplikasies daarvan
Outeur: Sibonelo Radebe, The Conversation
Gepubliseer: 27/02/2018

Die volgende artikel is deur Sibonelo Radebe geskryf en in The Conversation van 21 Februarie 2018 gepubliseer:

 

Suid-Afrika se nasionale begroting van 2018 het 'n verskeidenheid belastingverhogings bevat wat dui op die land se desperate poging om die toenemende gaping in sy openbare finansies te hanteer. Dit sluit 'n verhoging van Belasting op Toegevoegde Waarde van 14% tot 15% in. Sibonelo Radebe van The Conversation het Lee-Ann Steenkamp, 'n senior dosent by die Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool (USB) gevra om die belangrikste belastingontwikkelings uit te lig.

Wat is jou algemene indruk van die begrotingstoespraak?

Ek is versigtig optimisties. Die minister van finansies, Malusi Gigaba, het self opgemerk dat dit 'n taai begroting is maar een vol hoop. Die begrotingstoespraak het die tema van heropbou en herstel wat in President Cyril Ramaphosa se staatsrede uiteengesit is, weerspieёl.

Wat is jou indruk oor die belangrikste belastingaankondigings?

Gegewe die verhogings in persoonlike inkomstebelasting in die voorafgaande jare, is die gebruik van die belangrikste belastinginstrumente om inkomste wesenlik op te stoot, uitgeput. Die minister het gevolglik net twee opsies gehad waarmee hy kon werk – hy kon konsentreer op belasting op welvaartoordrag en op toegevoegde waarde (BTW).

  • Om die volledige artikel in The Conversation te lees, kliek hier.