Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#helloMaties - Gesondheid geniet top prioriteit​
Outeur: Corporate Communication/ Korporatiewe Kommunikasie - Rozanne Engel
Gepubliseer: 07/02/2018

​Die Kampus Gesondheidsdiens (KGD) hou die US-gemeenskap gesond.  Verskeie dokters en verpleegsters is byderhand om na jou gesondheidsbehoeftes om te sien.

KGD bied 'n geïntegreerde en maklik toeganklike gesondheidsdiens waar US-studente en –personeel om hulp kan aanklop vir 'n reeks gesondheidskwessies.  KGD fokus hoofsaaklik op die volgende vyf gesondheidsorgareas, te wete huisartskunde, gesondheidsbevordering en voorkomende sorg, sport- en oefeninggeneeskunde, beroepsgesondheid en fisioterapie.

Wanneer jy 'n dokter wil raadpleeg, kan jy 'n telefoniese of persoonlike afspraak maak.  KGD is daagliks van Maandag tot Vrydag oop van 08:00 tot 17:00, insluitende Universiteitsvakansies.

KGD het twee takke, geleë in Claassenstraat op die Stellenbosch-kampus (tussen die koshuise Metanoia en Heemstede) en in die studentesentrum op die Tygerberg-kampus.

KGD beskik ook oor 'n Fisiokliniek wat op Coetzenburg langs die Universiteitsgimnasium geleë is.

Vir nadere besonderhede oor die KGD, klik hier.