Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geagte Moeder Hen: Die Fakulteit Agriwetenskappe verwelkomingsprogram
Outeur: C August & dr Bianke Loedolff
Gepubliseer: 05/02/2018

Elke ouer ken die storie van 'Moederhen en haar kuikens'. Elke kind kan nie wag vir Moederhen om hul los te laat nie. Die angstige realiteit van die onbekende geld egter vir beide ouer en kind. 'n Nuwe omgewing, nuwe uitdagings en nuwe mense vorm alles deel van 'n nuwe reis vir eerstejaarstudente in Agriwetenskappe. Agriwetenskappe-nuwelinge was hartlik verwelkom deur beide die Agriwetenskappe Studentevereniging (ASV) komitee en fakulteitspersoneel. Die gerief was baie nodig. Prof D Brink (Dekaan van die Agriwetenskappe-fakulteit) het die angstige atmosfeer verder met verligting gevul toe hy die verhoog neem om die opwindende reis aan die nuwelinge voor te stel. 'n Baie insiggewende sessie rakende universiteitsstrukture en ondersteuningsstelsels was tydens die verrigtinge verduidelik en ouers was verder vertroos om hul kuikens onder die rokspan uit te laat. Tydens die verwelkomingsprogram (wat oor twee dae geskied het) het die ASV groot sorg gedra om die volgende generasie van Agriwetenskappe Maties te akkommodeer met kos, lekkernye en vermaak. Ingesluit in die vermaaklikheidspakket was 'n uitdagende taak, kommunikasie sonder 'n selfoon (baie uitdagend vir enige van die nuwe generasies). Hierdie oefening was niks skaam van vermaak nie en die nuwelinge het mekaar binnekort leer ken. Soos die program tot 'n einde gekom het was daar dalk 'n paar sugte van verligting, maar dit was goed gekomplimenteer met trotsheid van die ASV en fakulteitspersoneel. Wel gedaan!