Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Insek massakweking werkswinkel kom na Suid-Afrika
Outeur: Corinna S. Bazelet
Gepubliseer: 10/11/2017

Die oplossings vir hongersnood en die verwoesting van ons planeet mag dalk lê in ‘n onwaarskynlike plek, in ons kleinste en mees onopsigtelike vriende, die insekte. Net soos wat beeste, vis of ander vee geteel word in groot getalle, soos vir die produksie van vleis en melk, word insekte ook gekweek vir verskeie doeleindes. Sommige hiervan is instrumenteel tot ons daaglikse lewens.

Steriele insek tegniek (SIT) byvoorbeeld, is ‘n metode wat gebruik word om die getalle van ladbou peste te verlaag deur onvrugbare insekte wat in die laboratorium gekweek is, vry te laat in landbou omgewings. Hierdie insekte paar dan met wilde individue, wat lei tot die lê van onbevrugte eiers. Suid-Afrikaanse landbou (soos sitrus en die tafeldruif industrie) en die ekonomie baat by hierdie programme omdat dit die produksie van hoë kwaliteit vrugte met verminderde insette van chemiese insekdoder moontlik maak. Dit maak dan Suid-Afrikaanse vrugte meer bemarkbaar in die buiteland en meer smaaklik vir ons. Organismes wat gebruik word vir biologiese beheer, asook insekte wat onkruid en pes insekte vreet en doodmaak, is ook goeie plaasvervangers vir chemiese plant- en insekdoders. Organismes wat onkruid biologies beheer, byvoorbeeld, word regoor Suid-Afrika gebruik om verstopte waterweë oop te kry en ander indringer plant infestasies op te klaar, veral in areas wat moeilik bereikbaar is met ander metodes.

Net soos wat diereproduksie ‘n wetenskap is op sy eie, so ook is die massakweking van insekte ‘n veld wat heeltyd groei en verbeter soos wat tegnologie ontwikkel. Daar is ‘n groeiende aanvraag vir meer volhoubare pes beheer en proteïen produksie, asook vir die vermindering van afvalprodukte deur die gebruik van insekte as ontbinders. Skoenlappers word selfs soms gebruik in die plek van konfetti! Die ‘International Insect Rearing Workshop’ (IIRW), wat jaarliks gehou word by Mississippi Staat Universiteit in die VSA het sy 20ste sessie gevier in 2017 en het oor die jare al hard gewerk om die aanvraag na gekweekte insekte te vervul.  Die IIRW het gedien as ‘n model vir hierdie, die eerste Suid-Afrikaanse Insek Massakweking Werkswinkel.

Prof. Des Conlong van die Suid-Afrikaanse Suikerriet Navorsingsinstituut en Universiteit van Stellenbosch se Departement van Bewaringsekologie en Entomologie, asook Dr. Elsje Pieterse van Universiteit van Stellenbosch se Departement van Dierkunde, is twee van Suid-Afrika se mees ervare en grootste kenners van die massakweking van insekte. Hul het die IIRW in November 2016 bygewoon en was aangemoedig deur die stigters, Dr. Frank Davis, Dr. John Schneider en Dr. Norman Leppla om die werkswinkel na te maak en dit aan te pas in ‘n Suid-Afrikaanse konteks.

‘n Jaar later, van 23-27 Oktober 2017, was die eerste Insek Massakweking Werkswinkel gehou in Stellenbosch, gelei deur die GPB Inisiatief in die Departement van Bewaringsekologie en Entomologie. Die werkswinkel het meer as 42 deelnemers laat saamkom van die regering, privaat industrie en die akademie van 5 lande, met kennis van biologie, entomologie en ingenieurswese tot die ekonomie. Twaalf aanbieders, elk ‘n kenner in hul gebied, het praatjies aangebied oor uiteenlopende, maar verwante onderwerpe van die wetenskaplike massakweking van insekte. Hierdie onderwerpe het onder andere genetika, fisiologie, insek voeding, insektarium ontwerp, kwaliteitsbeheer, gesondheid en veiligheid, asook insek patologie ingsluit. Dr. Leppla van die Universiteit van Florida, een van die oorspronklike organiseerders van die IIRW, het die werkswinkel bygewoon. Sy bydrae en insig van 40 jaar se ervaring in insek kweking was van onskatbare waarde vir die deelnemers van die werkswinkel.

Bo en behalwe die gedetailleerde lesings, was vier praktiese sessies aangebied wat deelnemers geleer het deur te doen. Twee ekskursies na massateling fasiliteite in Stellenbosch en Kaapstad, asook ‘n paar sosiale byeenkomste in die aande, het verdere geleenthede geskep vir deelnemers om hul ondervindings te deel en idees uit te ruil.

Baie interessante gesprekke het plaasgevind deur die week wat hewiglik gefokus het op die persepsie van insek produksie in Suid-Afrika en hoe om hierdie metodes effektief te implementeer en te maak werk in die Suid-Afrikaanse industrie en kultuur. Prof. Conlong, Dr. Pieterse en Dr. Leppla is toegewyd daartoe om hierdie ‘n jaarlikse gebeurtenis te maak, aangesien daar duidelik belangstelling en aanvraag daarvoor is in Suid-Afrika. Deur die netwerk wat gevorm is by hierdie eerste wwerkswinkel, sal deelnemers in kontak bly en aanhou om raad te deel om meer en beter kwaliteit insekte te produseer.

Om meer te leer of om te registreer vir volgende jaar se werkswinkel, volg hierdie skakel: http://www.sun.ac.za/english/faculty/agri/conservation-ecology/ipm/workshops/insect-mass-rearing-workshop