Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Slim watermeter nou by 100 skole bekendgestel
Outeur: Martin Viljoen
Gepubliseer: 08/11/2017

Die slim watermeter, ontwikkel deur prof Thinus Booysen van die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch gaan danksy ʼn borgskap deur die Shoprite-groep by ʼn 100 skole in die Wes-Kaap aangebring word.

Dié inisiatief is vandag (8 November) by die Wes-Kaapse radiostasie, Cape Talk, in Kaapstad bekendgestel. Na verwagting behoort ʼn miljoen liter water per dag bespaar te word. 

Die projek word tans deur die Universiteit se tegnologie-oordrag maatskappy, Innovus, gekommersialiseer en geïnkubeer by die Nedbank Universiteit Stellenbosch LaunchLab, die US se besigheidsinkubator, via die afwentelmaatskappy, Bridgiot (Bridge to the Internet of Things).

  • Klik hier vir die Shoprite-groep mediavrystelling.
  • Klik hier vir 'n vorige artikel oor die watermater.