Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Konvokasievergadering op 23 November gehou
Outeur: Development & Alumni / Ontwikkeling & Alumni
Gepubliseer: 27/10/2017

​Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) en hulle metgeselle word uitgenooi na die jaarvergadering van die Konvokasie op Donderdag 23 November 2017.

Alle US-gegradueerdes, -gediplomeerdes, en alle voltydse akademiese personeellede van die US is lede van die Konvokasie.

Plek: Endlersaal, Konservatorium, Victoriastraat, Stellenbosch

Tyd: 19:00

Spreker: Dr Willem (Willa) Boezak (Skrywer en Navorser).

Bevestig asseblief u bywoning per e-pos by konvokasie@sun.ac.za of telefonies by 021 808 4020. Ligte verversings sal na afloop van die geleentheid bedien word.