Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AvOL deelnemers van Skool vir Rekeningkunde in Top 6
Outeur: Wilmarie Grobbelaar
Gepubliseer: 26/10/2017

Michiline Meyer en Wilmarie Grobbelaar van die Skool vir Rekeningkunde het hulle navorsingstuk “Facilitating transformation in education: a multi-dimensional approach" by die tiende jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie (AvOL) aangebied. Hulle aanbieding was oor die toepassing van Sosiale Kapitaal Teorie om die Stellenbosch Thuthuka Beursprogram te modelleer. Hulle het uitgelig hoe die program se multidimensionele benadering, beide finansieel en nie-finansieel, tot die groter sukses van die studente in hierdie program bydrae. Hulle abstrak is deur die AvOL 2017 Abstrak Hersieningskomitee as ʼn moontlik pryswenner vir die beste aanbieding aangewys en hulle het ʼn sertifikaat en boekprys, as een van die Top 6 abstrakte, ontvang.

Hulle abstrak is beskikbaar byhttp://www0.sun.ac.za/sotl/wp-content/uploads/2015/05/SOTL-Conference-2017-Abstract-Book-5-October.pdf