Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hou Tygerberg Veilig - Ontmoet vir Colin Peterson
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie
Gepubliseer: 11/10/2017

​My naam is Colin Peterson en ek maak deel uit van die Tygerberg Kampusbeheer-span. Het jy enige terugvoer oor ons dienste? Kom na die beheerkamer in die kelderverdieping van die Kliniese Gebou, skakel 021 938 9507 of stuur 'n Whatsapp na 082 808 2333.

Jare op kampus: 25

Woorde wat my persoonlikheid opsom: Goeie sin vir humor, presies, pligsgetrou.

Bynaam: Günter (van my dae as 'n sokkerspeler)

Gunsteling-musiekgenre: Jazz. Ek het oor die jare baie plate versamel en luister nog gereeld na dit.

Bly fiks deur: Elke dag van my huis in Ravensmead na die Tygerberg-kampus toe te stap.

Die snaaksste ding wat ek al op kampus gesien het? Twee manlike studente wat laat een aand by hulle koshuis uitgehardloop het om kaalgat 'n potjie tennis te speel!