Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tygerberg vier uitnemende studente by Eredkleuredinee
Outeur: Media Officer: Student Affairs / Mediabeampte: Studentesake
Gepubliseer: 31/08/2017

Die Tygerberg Studenteraad (TSR) het onlangs die jaarlikse prestige Erekleure Dinee aangebied, waar uitstekende studente met erekleure vereer is in die kategorieë van Akademie en Leierskap, ingevolge die TSR-grondwet. Die gasspreker, Mnr Stephan Claassen, Provinsiale Hoof van Eerste Nasionale Bank, het die studente gelukgewens met hul prestasies en aangemoedig om sterk te wees en innoverende entrepreneurs vir die toekoms te word. Die TSR Erepresident, Prof Wynand van der Merwe, het ook die geleentheid bygewoon om die sukses van die studente te.

Onder die toppresteerders aan wie erekleure in die kategorie Akademie toegeken is, genomineer deur die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe vir studente wat 'n gemiddeld van minstens 75% oor vier jaar behaal het, is vyftien MBChB studente, vyf fisioterapie studente, vier arbeidsterapie studente, twee spraakterapie  studente en twee dieetkunde studente. Een-en-twintig studente het meriete toekennings ontvang as die top klas van 2016, insluitende vier studente wat ook akademiese erekleure ontvang het.

Este Louw, 'n arbeidsterapie studente, het 'n toekenning ontvang as topstudent van haar klas vir 2016, asook volle akademiese erekleure. Nick Wayne en Quintin van Staden het beide erekleure vir leierskap ontvang.

Die Afdeling Studentesake wens graag al hierdie studente geluk met hul uitstekende prestasies en is opgewonde oor wat die toekoms vir hulle inhou.​


HonoursDinner.jpg

Anele Mdepa (Studenteregering-bestuurder), Dr Birgit Schreiber (Senior Direkteur: Studentesake) en Tonia Overmeyer (Direkteur: Sentrum vir Studenteleiers en -strukture) vier die geleentheid saam met die studente.


NickWayneWynandVanDerMerwe.JPG
Nick Wayne, wie erekleure vir Leierskap ontvang het, en TSR Erepresident, Prof Wynand van der Merwe, deel die podium.


Hooffoto: Lee Baatjes (TSR Voorsitter 2016/17) en Tonia Overmeyer (Direkteur: Sentrum vir Studenteleiers en -strukture).