Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoeke nou ingewag: Voltydse PhD-beurse in die Lettere, Geestes- en Sosial Wetenskappe
Outeur: Lynne Rippenaar-Moses
Gepubliseer: 15/08/2017

Die Nagraadse Skool vir Lettere en Sosiale Wetenskappe is 'n HOOP Projek-inisiatief in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappevan die Universiteit Stellenbosch om doktorale opleiding en vakkundigheid in Afrika te versterk en te bevorder.

Meer as 180 doktorale studente van 18 Afrikalande, waaronder Suid-Afrika, het sedert 2010 vir hierdie beursprogram ingeskryf. Altesaam 93 het reeds suksesvol gegradueer, van wie 78% binne drie jaar of korter.

Geskikte kandidate met burgerskap van enige Afrikaland suid van die Sahara word genooi om aansoek te doen om voltydse doktorale beurse in die navorsingsprogramme van die Fakulteit. Die beurse ter waarde van R420 000,00 elk dek drie studiejare met ingang van Januarie 2018.

Navorsingsamewerking, gesamentlike studieleiding en uitruilaksies sal aangemoedig word deur die Vennootskap vir Afrika se Volgende Generasie Akademici (PANGeA), wat uit die voorste universiteite in Afrika bestaan.

Verdere inligting oor die deels gestruktureerde doktorale beursprogram, geskiktheids- en keuringskriteria sowel as die aansoekproses is aanlyn beskikbaar by www.sun.ac.za/graduateschool.

DIE SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE IS 25 AUGUSTUS 2017​.