Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Loopbaanuitstallings 2 tot 4 Augustus 2017
Outeur: Wilna Naudé
Gepubliseer: 07/08/2017

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste (SSVO) het onlangs die jaarlikse Loopbaanuitstallings op 2 en 3 Augustus in markiestente op die Rooiplein, en op 4 Augustus in die Academia Ontspanningsaal gehou.

Al drie dae was 'n reuse sukses!

Ten spyte van reënerige weer op 2 Augustus was die opkoms van beide uitstallers en studente bo verwagting.

Die loopbaanuitstallings bied aan studente die geleentheid om met maatskappye te netwerk en hul brandende vrae oor loopbaangeleenthede en ander loopbaanverwante inligting te vra.

Veertig maatskappye het op 2 Aug by die Rekeningkunde Loopbaanuitstalling 'n uitstalling gehad. Hierdie uitstalling het ongeveer 4 590 besoeke van US studente ontvang.

Altesame 48 uitstallers het by die Algemene Loopbaanuitstalling op 3 Aug aan studente die loopbaanmoontlikhede by hulle onderskeie maatskappye ten toon gestel. Ongeveer 3 839 besoeke is aan hierdie uitstallings gebring. Die Rektor en Visekanselier, Prof Wim de Villiers, het ook ingeloer om met die maatskappye en studente te gesels (foto).

By die Ingenieursloopbaanuitstalling op 4 Aug was 25 uitstallers teenwoordig en het 1 152 besoeke van hoofsaaklik Ingenieurstudente ontvang.

Maatskappye het hulle waardering uitgespreek vir hierdie geleentheid en vir die blootstelling wat hulle op kampus verkry.

  • Good experience. We will come again!
  • Keeps getting better year after year.
  • Great meet and greet experience for both business and students.
  • It was a successful day, the students were very friendly and eager to hear and learn from the recruiters.
  • Great attendance by students. Great vibe and interest from all students. We will definitely attend next year again!