Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nog twee nGAP poste vir die US
Outeur: Carmen Gabriels
Gepubliseer: 25/04/2017

Die "New Generation of Academics Programme" (nGAP), is een van die programme binne die "Staffing South Africa's Universities Framework" (SSAUF), wat deur die minister van Hoër Onderwys en Opleiding in Januarie 2015 goedgekeur is.

Die uitvoering van dié omvormde nGap-program behels die werwing van jong akademici as deel van 'n sesjaarprogram wat universiteite ondersteun in hul personeel en ontwikkelingstrategieë.  Daar word van dosente wat aan hierdie program deelneem verwag, om navorsing, onderrig en enige ander relevante geleenthede te onderneem,  ten einde hul bevordering as afgeronde akademici te ontwikkel.

In Fase 1 is vyf posisies in die volgende departemente aan Stellenbosch Universiteit toegeken: Anatomie en Histologie, Ekonomie, Wiskundige Wetenskappe, Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese en Maatskaplike Werk.  Tydens Fase 2 is vier posisies aan die volgende departemente toegeken: Kurrikulumstudie, Voedselwetenskap, Bedryfsingenieurswese en Radiobiologie. 

Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) het onlangs die implementering van Fase 3 van die nGAP-program aangekondig en twee posisies (uit 53 posisies nasionaal) is aan Stellenbosch Universiteit toegeken.   Hierdie twee posisies is aan Landbou-ekonomie en Toegepaste Wiskunde toegeken.

Dit bring die totale nGAP posisies by die Universiteit Stellenbosch tot 11. 

Vir meer inligting oor die geadverteerde posisies, en/of die " New Generation of Academics Programme " (nGAP) en/of die "Staffing South Africa's Universities' Framework" (SSAUF), volg asseblief die volgende skakels:

http://www.sun.ac.za/english/careers

www.dhet.gov.za