Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US kompetisie soek na wenidee vir waterkrisis
Outeur: Corporate Marketing
Gepubliseer: 18/04/2017

​Die Universiteit Stellenbosch (US) se sakeversneller, LaunchLab, bied entrepeneurs en aspirant uitvinders die geleentheid om 'n deel van R50 000 in besigheidsbefondsing te wen vir hulle idees om ons waterkrisis die hoof te bied.

LaunchLab het 'n kompetisie van stapel gestuur in hul soektog na die volgende innoverende wenidee vir waterbesparing en –bestuur om volhoubare oplossings vir Suid-Afrika se waterkrisis te help vind.

Dié kompetisie word aangebied in samewerking met Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), Universiteit Kaapstad (UK) en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie  (KSUT) en is oop vir entrepeneurs, studente en algemene publiek.

"Die water-uitdaging in Suid-Afrika kan ekonomiese groei in die land erg beperk.  By die US verbind ons ons daartoe om wetenskap en innovasie relevant tot die gemeenskap te maak en soek op dié manier na oplossings vir die krisis," sê Prof Leopoldt van Huyssteen,  US Bedryfshoof.

LaunchLab soek na sake-oplossings wat die potensiaal het om 'n innovasie deurbraak binne die volgende areas te maak:

  • Oplossings vir water- en afvalbestuur wat die kwaliteit van ons waterbronne kan verbeter
  • Water filtrasie en suiweringsoplossings
  • Oplossings vir waterbesparing
  • Oplossings vir water- en afvalbestuur by die huis en werk
  • Oplossings vir water- en afvalbestuur vir landbou

Belangstellendes kan hulle idees aanlyn voor 5 Mei 2017 by www.launchlab.co.za/waterchallenge inskryf.  Meer kompetisiereëls en -besonderhede is ook by dié adres beskikbaar.