Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
EBW studente tutor Hoërskool Makupula
Outeur: Centre for Student Recruitment and Career Advice / Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies
Gepubliseer: 03/04/2017


Universiteit Stellenbosch (US) se Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) student, Mac Ray Mouton, koördineer en lei die 2017 rekeningkunde tutor program vir die Funda Fendisa organisasie. Mouton en sy span is toegewyd aan naskoolse klasse in rek by Hoërskool Makupula in Kayamandi.

Hulle gaan weekliks na Makupula en spandeer ongeveer twee ure met die studente. Mouton se span sluit die volgende EBW studente van die US aan: Stephanie de Wit, Bulelwa Zono en Linique Campbell.

Die doel van die program is nie net om die punte van die studente te verbeter nie, maar om 'n ruimte te skep waar hulle mekaar kan help. Mouton hoop dat die program hulle leer om saam te werk en om die waarde van spanwerk raak te sien.

Graad 12-leerders van Hoërskool Makupula, Kutlwiso Mzaca, Likhona Vandaba en Siyabulela Veke, is al deel van die program sedert hul Graad 10 jaar. Die program het hulle geïnspireer en gehelp om voor te berei vir Universiteit. Hulle beplan om volgende jaar te studeer in die EBW Fakulteit. Makupula se Wiskunde en Rekeningkunde onderwyser, mnr. Nqindi moedig die programme aan, aangesien die leerders gemotiveerd en geïnspireer is om harder te werk.

Mouton moedig ander student graag aan om betrokke te raak by die tutor programme in die gemeenskap. "Daar is 'n groot behoefte. Ek wil nie veralgemeen nie, maar die samelewing onderskat die waarde van om tyd met ander te spandeer, en wanneer daardie tyd gebruik om in ander se toekoms te belê, is die impak is fenomenaal".