Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eenheid vir Gelykwaardigheid Bemiddelings Program.
Outeur: Qaqamba Mdaka and Quinton Apollis
Gepubliseer: 21/02/2017

Outeurs: Q. Mdaka en Q.Apollis

Eenheid vir Gelykwaardigheid (EvG)

Eenheid vir Gelykwaardigheid Bemiddelings Program.

Mediasie, of bemiddeling, neem vinnig toe as ʼn gevestigde wyse van alternatiewe konflik resolusie in die 21ste eeu, asook in die hoëronderwyssektor in Suid-Afrika. Mediasie word gedefinieer as: "... die skepping van 'n geleentheid waar 'n onpartydige derde party, twee of meer mense in dispuut te probeer help om 'n wedersyds voordelige ooreenkoms te bereik." Francois Botha (Direkteur van Universiteit Kaapstad se Diskriminasie en Teisterings Kantoor).

 

Die US Beleid oor Onbillike Diskriminasie en Teistering bevorder bemiddeling as die voorkeur intervensie rakende sake van onbillike diskriminasie, teistering, seksuele teistering en viktimisering. Die Universiteit erken egter ook dat bemiddeling nie altyd geskik is vir alle gevalle nie. Die Eenheid vir Gelykwaardigheid (EvG) het tans 14 personeellede wie deur Francois Botha as werksplek bemiddelaars opgelei is. In 2016 was 100% van al die konfidensiële bemiddelingsessies wat deur die EvG geïnisieer was suksesvol, waar beide partye tevrede was met die uitkomstes wat bereik was.

 

Die EU beoog om ons mediasie program in 2017 aansienlik uit te brei om sodoende persoonlike ontwikkeling, konflikoplossing en interpersoonlike verhoudinge te verbeter. Ons sal ook studente toe rus deur hul betrokke te kry in die praktyk mediasie. Dit sal gedoen word deur die bekendstelling van 'n nuwe geregistreerde US portuurbemiddeling kort kursus vanjaar. Ons moedig personeel en studente wat belangstel in mediasie opleiding om vir Qaqamba Mdaka te kontak (qmdaka@sun.ac.za, 021 808 3136) oor hierdie opwindende program. Kontak ons gerus ook aangaande enige ander dienste wat ons aanbied binne die EU portefeulje vir onbillike diskriminasie.


Die EvG, by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) bevorder kollektiewe optrede teenoor sosiale geregtigheid en diskoers met betrekking tot sosiale asimmetrie aan die US, en implementeer 'n omvattende MIV reaksie. Die Eenheid koördineer, opvoed en verhoog bewustheid rondom seksualiteit, geslag, MIV/Vigs en anti-diskriminasie. Die Eenheid formuleer en hou ook toesig oor die implementering van SU se beleid op onregverdige diskriminasie en teistering, en MIV/vigs. Ons dien ook as 'n sentrale diens vir studente en personeel, ons bestuur gebeure van onregverdige diskriminasie en verskeie vorme van teistering op Victoriastraat 39.


Kliek hier om na die US Beleid oor Onbillike Diskriminasie en Teistering te gaan. Ons webblad kan gevind word by www.sun.ac.za/ssvo en volg ons gerus op sosiale media @MatieSUrpass.