Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nagraadse skool verwelkom nuwe PhD-studente
Outeur: Ronel Beukes
Gepubliseer: 02/02/2017

Die Nagraadse Skool vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het ʼn nuwe groep PhD-studente op kampus verwelkom. Dit is die vierde inname van dié Skool en bestaan uit nege studente van Lesotho, Zimbabwe, Uganda, Tanzaniё, Namibiё en Suid-Afrika.

Die Nagraadse Skool stel voornemende PhD-studente in staat om met behulp van ruim studiebeurse voltyds te studeer en hul grade binne drie jaar af te handel. Die studente word gemonitor en ontvang gereeld vorderingsverslae.

"Ons doel is om sover moontlik hindernisse uit die pad van doktorale navorsing te ruim en die proses stroombelyn te maak," sê dr Jaco Franken, bestuurder van die Skool.

Die inisiatief is later uitgebrei met ʼn program vir akademiese personeel van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Personeel word ondersteun om deeltyds hul doktorale studies binne vier tot vyf jaar af te handel.

Foto:  'n Nuwe groep PhD-studente is by 'n funksie te Middelvlei, Stellenbosch verwelkom. Agter sit (v.l.n.r.) Thabang Molise (Lesotho); Heinrich Nel (RSA); Leon Matsuro (Zimbabwe) en Paul Wabiga (Uganda). Voor is dr Jaco Franken, bestuurder van die PhD-skool; Hassan Kimbugwe (Uganda); Neema Towo (Tanzaniё) en Helvi Petrus (Namibiё).