Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ondersteun die SR se #RegisterAll-veldtog
Outeur: Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 27/01/2017

​Die Studenteraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch (US) samel weer fondse in vir hul #RegisterAll-veldtog, wat daarop gemik is om toegang tot hoër onderwys te verseker. Verlee jaar het die veldtog daarin geslaag om meer as R500 000 in te samel om talle studente te ondersteun.

"Ons wil meer fondse insamel om soveel as moontlik akademies- en finansieel verdienstelike studente by te staan," sê Lwazi Pakade van die SR in 'n verklaring oor die veldtog. "Jou donasie sal 'n groot bydrae maak om studente op universiteit te hou en saluiteindelik 'n blywende impak op die lewens van hulle en hul gesinne maak."

Vroeër die week het die US-bestuur gesê hul waardeer die SR se veldtog om weer geld in te samel om alle studente te registreer. "Soos in 2016 sal die Universiteit die veldtog ten volle ondersteun."

Lees die volle verklaring hier.