Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNSEP vier vanjaar 'n rekordgetal grade
Outeur: Anneke Müller
Gepubliseer: 14/12/2016

Die 'voorloper' van die SUNSEP-graduandi is dr Elza Lourens, Fisiese Wetenskappe-fasiliteerder in SciMathUS. Dr Lourens het in haar Ph-studies die oorgang van gegradueerdes na ʼn eerste werk ondersoek.

Lionel Hartzenberg, 'n voormalige SciMathUS student het 'n MSc-graad in plantbiotegnologie ontvang. Hy is een van 77 voormalige Universiteitsvoorbereidingsprogram studente wat in Desember aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer het; 39 voormalige SciMathUS-studente en 38 voormalige HOPE@Maties-studente.

Die grootste groep graduandi (24) is studente wat Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-grade verwerf het; vyf van hulle met nagraadse kwalifikasies. Sewentien studente het BSc-grade in die Fakulteite Natuurwetenskappe en Agriwetenskappe ontvang. Ook hier was drie nagraadse graduandi.

'n Groep van sewentien oudstudente is gereed om die onderwysberoep toe te tree. Agt van hulle is BEd-gegradueerdes, terwyl nege gedurende 2016 die Nagraadse Onderwyssertifikaatprogram gevolg het.

Uit die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het twee oudstudente gekwalifiseer as mediese dokters, twee as fisioterapeute en een as arbeidsterapeut. Een student het 'n BSc honneursgraad in Menslike Lewenswetenskappe ontvang

SUNSEP se graduandi spog verder met 'n Megatroniese en 'n Chemiese ingenieur.

"Ons is baie opgewonde oor elkeen van hierdie graduandi, die grootste groep wat ons tot dusver gehad het," sê dr Trevor van Louw, Direkteur van SUNSEP. "Toe die studente hul hoër onderwysstudies begin, hulle was almal deel van een van die twee universiteitvoorbereidingsprogramme by ons sentrum, HOPE@Maties of SciMathUS. Vandag is hulle professionele jong mense, trotse alumni van SUNSEP en van hierdie universiteit. "

Dit is met groot verwagtings wat SUNSEP uitsien na die NSS-resultate van die groep van sowat 400 studente wat vanjaar deel was van HOPE@Maties of SciMathUS. Die meeste van hierdie studente is voorlopig aan die US aanvaar. "As die verlede enigsins ʼn aanduiding is van wat ons te wagte kan wees, sal ons beslis ook iets hê om in Januarie 2017 te vier", sê dr Van Louw.

FOTO: BCom en BCom Honneurs-studente uit SciMathUS en HOPE@Maties