Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sinthivhele Sinthumule
Ontmoet Sinthivhele Sinthumule: #MyTygerMaties60
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 11/11/2016

As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Sinthivhele Sinthumule.

Sinthivhele Sinthumule is al van jongs af betrokke by welsynsorganisasies, en as iemand haar R5 miljoen sou gee, sou sy dit gebruik het om haar eie een te stig. Haar groot hart is juis die rede hoekom sy graag medies wou studeer. 

Ná matriek is sy opgeneem in die Universiteit Stellenbosch se SciMathUS-program wat leerders die geleentheid bied om hul Nasionale Senior Sertifikaat-punte in wiskunde en wetenskap te verbeter en sodoende beter geleenthede vir hoër onderring kan kry. “As dit nie vir dié program was nie sou ek nie nou gewees waar ek is nie,” sê sy.

Sinthumule is ’n eerstejaar MB,ChB-student en sal graag ’n bydrae wil maak om gesondheidsdienste in die Limpopo-provinsie te verbeter. “Ek glo daaraan dat as ek ’n verskil in die gesondheidsektor wil sien, daardie verandering by my moet begin.”

Volgens haar is die grootste uitdaging van die mediese professie die tekort aan hulpbronne om goeie dienste te kan lewer. Oor tien jaar sal sy wil betrokke wees by navorsing wat dokters kan help om oor beter kwaliteit dienste vir benadeelde gemeenskappe te kan bied.

In ’n neutedop:
  • Beste gewoonte? “Ek voel nie maklik beledig nie.”
  • Lewensleuse? “Moet nooit moeg raak vir die klein dingetjies wat jy vir ander mense doen nie. Dit vul dalk ’n groot deel van hul harte.”
  • As jy ’n dier was, wat sou jy wees, en hoekom? “’n Olifant. Hulle is sterk, slim, lojaal en jy kan hulle nie stop nie.”
  • Watter boodskap sal jy aan die kampus wil oordra? “Onthou altyd hoekom julle hier is en moenie jou doelwitte uit die oog verloor nie.”