Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dumisa Nzama
Ontmoet Dumisa Nzama: #MyTygerMaties60
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 24/10/2016

As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Dumisa Nzama.

Dumisa Nzama is ’n talentvolle pianis, nasionale debatwenner en sê sy verskuilde talent is om harmonieë vir musiekstukke te toonset. Hy beskryf homself as “’n vrydenker op ’n tog om te verstaan wat die beteken om te lewe”.

Nzama, ’n eerstejaar MB,ChB-student by die Universiteit Stellenbosch, sê die “masjinerie van die menslike fenomeen” het hom nog altyd geïnteresseer en wil graag in neurologie spesialiseer sodra hy sy graad voltooi het.

Hy sê sover was die jaar opwindend vanuit ’n akademiese oogpunt. “Om te dink dat ek elke dag een stappie nader daaraan is om ’n dokter te wees, is stimulerend.” Sy goeie patologiepunte was vir hom ’n akademiese hoogtepunt.

Hy glo harde werk bring sukses, maar sê hy het ook geleer dat dit nie die moeite werd is om jou geestesgesondheid daarvoor in te boet nie. “Verseker eerder dat jy voorsorgmaatreëls tref om alle afleiding te verwyder en vir jouself motivering gee om ’n taak te voltooi.” Hy sê hy maak ’n punt daarvan om gesellig te verkeer met vriende as hy ontspan.

Nzama sien uit daarna om te leer hoe om pasiënte noukeurig te kan diagnoseer.

Vinnige vrae:

  • Wie beskou jy as suksesvol? “Die persoon wat nie nodig het om ’n vakansie te neem van die lewe wat hulle leef nie.”
  • Beste gewoonte? “Ek staan elke oggend vyf-uur op sodat ek my dag kan beplan.”
  • Wat sou jy verander in Suid-Afrika as jy kon? “Dat almal gebore kon word in ’n omgewing waar almal gelyke geleenthede het.”
  • Gunsteling musiekkunstenaar? “Drake.”
  • Boodskap vir die kampus? “Doen wat jy regtig wíl doen. Weet wat dit beteken om getrou te wees aan jouself.”