Oor die 200 besonderse en skaars spesies plante is onlangs vir die US Botaniese Tuin versamel. Verskeie kwekers en botaniese tuine gelee in agt van die nege provinsies is besoek en oor die 5000km is afgelê in 10 dae. Die meeste plante is versamel vir die tropiese glashuis wat vroeg in die nuwe jaar aan die publiek geopen sal word. Sonder die ondersteuning van Westvaal sou die belangrike versamelingsreis nie moontlik gewees het nie. Op die foto: Martin Smit (Kurator - US Botaniese Tuin) en Johan Bouwer (Eienaar, Obesa Kwekery in Graaff Reinet).